Stap in, stap uit – geen kassier by dié winkel
Al ooit gedink jy kan maar net by ’n winkel instap, vat wat jy wil hê en weer daar uitgaan sonder om in lang toue vir ’n kassier te wag?
Dit is wat die internetreus Amazon met sy Amazon Go-winkel wil doen.
Dié winkel maak Maandag in Seattle, in die Amerikaanse deelstaat Washington, sy deure vir die eerste keer vir die publiek oop.
Amazon Go is ’n geriefswinkel waar daar geen kassiere is nie. So as daar nie kassiere is nie, hoe betaal jy dan?
Kliënte moet voordat hulle na die winkel gaan ’n app op hul slimfoon laai. ’n QR-kode moet dan geskandeer word voordat ’n draaihek die kliënt in die winkel toelaat.
As daar ’n groep mense is wat almal met dieselfde rekening wil betaal, skandeer hulle net dieselfde kode soos wat elke individu die winkel binnegaan. Die stelsel sal hulle dan almal outomaties aan die enkele rekening koppel.
Kliënte kan dan deur die winkel loop en produkte van die rak afhaal – of selfs terugsit – terwyl kameras hulle oral dophou. Wanneer die kliënt klaar is, loop hy of sy bloot by die deur uit.
Die stelsel sal dan die totale bedrag bereken vir al die produkte wat geneem is en dit van die kliënt se rekening aftrek.
As daar dalk ’n fout is, kan kliënte bloot ’n knoppie vir “terugbetaling” druk. Die produk hoef nie teruggegee te word nie.
Die stelsel is op die eerlikheidsbeginsel gegrond met die aanname dat die minderheid mense die stelsel sal wil kul.
Die nuwe winkel is op die grondverdieping van Amazon se nuwe hoofkantoor in Seattle. Dit bied tipies kos soos slaai, toebroodjies, melk, brood en eiers.
Jeff Lenard, woordvoerder vir die Nasionale Vereniging van Geriefswinkels in Amerika, sê die tegnologie alleen sal ongetwyfeld heelwat mense na die winkel lok.
“Die gehalte van die produkte wat daar gebied word, is wat mense sal laat teruggaan,” voorspel hy.
Amazon het eers sy eie werknemers die winkel laat toets, voordat hy die diens vir die publiek beskikbaar gemaak het. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie