Stank vir dank in tyd van nood

30 June 2020 | Rubrieke
Yolanda Nel – Dis nie moeilik om te glo almal draai deesdae sewe keer hulle sente om voor hulle in elk geval besluit om dit eerder terug te steek in hulle sakke nie.

In huishoudings waar dit goed gaan het paartjies dalk nou ’n verlaagde inkomste, maar vir duisende ander is daar skielik net nie meer werk nie. Waar ander hulle hande in die bank druk in die hoop dat hulle verlore tien sente gaan kry, gaan slaap iemand anders vanaand honger. Dan is jy dankbaar vir elke barmhartige Samaritaan wat hulle sente met jou wil deel. Soms moet jy tevrede wees met die stukkie droë brood, want dis dalk daai Samaritaan se laaste brood. Jy sal nooit weet nie.

Iemand klop nou die aand aan die deur. Ek is dadelik geïrriteerd, want nou is die baba wakker. Die knaap gaan troos en ek stap uit om te hoor wat die vrou soek. Sy ruik na rook. Dis nog inperking en sy moet voor 20:00 deur die Rehoboth-padblokkade, maar die laaste vrou wie se hare sy moes doen antwoord nou nie haar foon nie. “Ek het daai geld nodig gehad om die bussie terug huis toe te haal,” verduidelik sy. Die trippie huis toe gaan haar N$90 kos.

Dis al na 19:00. Ek gee teen my sin vir haar die laaste N$100-noot in my beursie. Maar dan hoor ek daai stemmetjie wat fluister en sê ons moet ons medemens help. Toe ek die deur wil toetrek staan sy in my huis. “Mevrou, my kinders,” begin sy eers. Ja vrou, my kinders ook, wil ek eers sê, maar ek byt op my lip. “Hulle is seker al klaar honger.”

Ek gaan grawe in die koskaste. Spaghetti en ’n blik tamatie en uiesmoor is al wat ek kan waag om te skenk, anders klop ons eie begroting nie.

Sy stap huiwerig uit my huis. Nes ek dink ek is nou ontslae van haar, vertel sy my hoe baie haar kinders van vleis hou. “Ek het ongelukkig nie vleis vir jou nie,” antwoord ek haar.

“Ja, almal kry maar swaar, maar my kinders eet nie regtig pasta of tamaties nie,” laat hoor sy van haar. “In daai geval kan jy dit vir my teruggee. Dis in die stadium van die geveg stapelvoedsel in ons huis,” vererg ek my. Maar sy druk die sak stywer teen die lyf. “Nee, nee hulle sal maar moet eet. Mevrou, maar die Here seën jou.” Daarmee is sy weg.

Ek vertel vir die knaap wat gebeur het en hy reken ek het tog iets goeds gedoen, ongeag of haar storie waar is of nie. Die skenking sal seker tog nie die res van die maand so beïnvloed nie en dalk was haar kinders tog honger genoeg om iets te eet waarvan hulle nie hou nie.

Dit was net jammer toe ek ’n ruk later uitvind sy is eintlik ’n nuwe huurder in die kompleks en woon glad nie op Rehoboth nie. Sy het ook geen kind of kraai wat saam met haar woon nie. Ek hoop ten minste sy hou van pasta en tamatiesmoor.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

22 minute gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

44 minute gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

2 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

3 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

4 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Kleintjies terug skool toe

14 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...

'Fitty' wil N$16 m. vir borg betaal

14 ure gelede | Misdaad

Jemima BeukesDie Fishrot-beskuldigde mnr. Tamson 'Fitty' Hatuikulipi – wat die staat aanvoer was 'n inte­grale deel van die viskwota-­omkoopskandaal – het sy vaste bates ter...