Standard se afleggings: ‘SA nie reg vir IT-revolusie’
Petrus Malherbe - Die aflegging van honderde personeellede by Standard Bank se IT-afdeling is die gevolg van toenemende digitalisering en die gebruik van kunsmatige intelligensie in die bankbedryf.
Dit is die reaksie van Sasbo, die vakbond van bankamptenare, op Standard Bank se aankondiging Woensdag dat hy met ’n herstrukturering van sy IT-afdeling begin het.
Sasbo het meer as 70 000 lede wat werknemers in die bankbedryf is.
“Ons besef dat sommige poste mettertyd sal verdwyn terwyl nuwes geskep word,” sê Eugene Ebersohn, assistent-hoofsekretaris van Sasbo wat vir die Standard Bank-portefeulje verantwoordelik is, “maar ons sal aanhou om die netto werkverlies in Suid-Afrika teen te staan.”
Kragtens die art. 189-proses wat Standard Bank begin het, word 528 werknemers die kans gebied om vrywillige skeidingspakkette te aanvaar.
Die werknemers kan ook vir 349 bestaande en nuwe poste aansoek doen.
Namate hy fokus op die nuwe gebiede van tegnologie, soos wolkberging, data-ontleding en kubersekerheid, gaan tot 180 nuwe poste uiteindelik geskep word, sê Standard Bank.
KOMMERWEKKEND
Nietemin beskou Sasbo, sowel as die vakbondfederasie Cosatu die afleggings as kommerwekkend in die lig van Suid-Afrika se hoë werkloosheidskoers.
“Suid-Afrika kan nie bekostig om selfs ’n enkele pos te verloor nie. Die verlies aan 500 poste is ’n slagting,” sê Sizwe Pamla, nasionale woordvoerder van Cosatu, in ’n verklaring.
“Dit is duidelik dat die koms van die vierde nywerheidsrevolusie (die vloedgolf van tegnologiese verandering waarby die mensdom sal moet aanpas) baie onstabiliteit in verskeie beroepe veroorsaak.
“Dit is egter baie kommerwekkend dat ondernemings nie aktief hul bestaande arbeidsmag heroplei, of dat die regering nie ’n omgewing skep waarin hierdie heropleiding makliker kan plaasvind nie.”
Volgens Pamla gaan die “massiewe ontwrigting” van die beroepswêreld nog ’n tyd duur.
“Die regering moet wakker skrik. Dit is ontstellend om te sien hoe onvoorbereid hy hierop is.”
Cosatu vra dat ’n moratorium op afleggings geplaas word.
Intussen vergader Sasbo aanstaande week weer met verteenwoordigers van Standard Bank in ’n poging om die “pyn te versag wat die afleggings veroorsaak”.
Die bank het reeds op aandrang van Sasbo ingestem om die tydperk te verleng waartydens personeel kan kies om vrywillig ’n skeidingspakket te vat. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie