Standard Bank gee blaaskans vir toerismebedryf
Standard Bank Namibia het Maandag 'n jaar lange blaaskans vir leners in die toerismebedryf gegee.
Die verligting geld vir die oorpronklike bedrag wat geleen is en die rente op die bedrag.
Die toerismebedryf is die ergste deur die Covid-19-pandemie getref.
Standard Bank Namibia het gesê dit het onvermydelik geword om verligting aan sy leningskliënte te gee wat deur Covid-19 geraak is.
Verligting is ook vir ses maande tot 30 September aan die bank se klein- en mediumondernemings gegee wat 'n jaarlike omset van minder as N$10 miljoen dollar het.
"Dit sal ons kliënte in staat stel om hul kontantreserwes te gebruik om broodnodige salarisse en uitgawes tydens die inperkingstydperk te betaal," het die bank gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie