Stamseloorplanting 'n eerste vir Namibiu00eb
Stamseloorplanting 'n eerste vir Namibiu00eb

Stamseloorplanting 'n eerste vir Namibië

'n Dokter verduidelik die vrou wat nou 'n huppel in haar stap het, is nie van haar siekte genees nie, maar die skade wat dit veroorsaak het, is herstel.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Mediese geskiedenis is vandeesweek gemaak met die eerste stamseloorplan­ting wat in Windhoek gedoen is.

Die prosedure is deur dr. Tommy van Wyk uitgevoer en die ontvanger was me. Anthea Mans (34) wat aan 'n outo-immuunsiekte ly.

'n Verheugde Mans het gister vertel hoe sy binne ure verander het van 'n persoon wat deur pyn geteister is na iemand wat “regop stap en in die stort sing”.

Mans is in Januarie 2016 met psoriase en psoriatiese artritis gediagnoseer wat haar liggaam aggressief aangeval het.

“Dit is nie iets wat sigbaar is nie en is moeilik om te diagnoseer. Ook is daar die ding van 'dis alles in jou kop',” vertel Mans.

Haar siekte het beteken haar immuunstelsel is verswak, dat sy “die energievlakke van 'n 95-jarige” gehad het, asook voortdurende pyn in haar bene.

“Dit het gevoel of my liggaam my liggaam haat.”

Die hartseerste vir Mans was die feit dat sy net 34 jaar oud was en die ma van 'n pragtige seuntjie is vir wie sy geen energie gehad het nie.

“Op 'n normale dag voel ek soos iemand wat baie erge griep het.”

Mans het 'n lae dosis chemoterapie in die vorm van pille of inspuitings gekry wat gehelp het om die pyn draaglik te maak.

“Ek wou nie so lewe nie, dit was soos 'n doodsvonnis. Ek het geweier om te aanvaar dit is soos dit altyd gaan wees, ek wou behandeling hê.”

'n Familielid het vir Mans van dr. Van Wyk van Windhoek vertel, wat in daardie stadium stamseloorplantings in Kaapstad gedoen het. Mans het in Februarie met hom kontak gemaak en die bal is aan die rol gesit vir die prosedure wat haar lewe sou verander.

Sy moes alle medikasie voor die prosedure staak, ook pynmedikasie en die chemopille en –inspuitings.

Die oorplantingsprosedure duur 'n dag. Mans verduidelik dit het onder meer die liposuiging van “goeie vet” op 'n plek op haar laerug behels. Stamselle word vervolgens geoes, waarna dit binneaars in haar liggaam teruggeplaas word.

“Dis soos om 'n adrenalien-inspuiting te kry. Ek kon letterlik voel hoe my selle wakker word!”

Was dit nie vir haar seun nie, weet Anthea nie hoe sy met die verlammende pyn en moegheid kon saamleef nie.

“Mense met outo-immuunsiektes voel dis iets wat hulle moet wegsteek, want hulle wil nie hê mense moet hulle jammer kry nie. Ek het baie in my lewe as gevolg daarvan verloor, maar as my storie iemand kan help, is dit goed.”

Vir nou is daar 'n emmerskoplys van al die dinge wat voorheen ondenkbaar was.

“Hierdie is letterlik my tweede kans!”

Dr. Tommy van Wyk het op sy beurt verduidelik die stamseloorplanting genees Mans nie van haar outo-immuunsiekte nie, maar herstel die skade wat die siekte veroorsaak het.

Volgens Van Wyk word die beste stamselle in die vetlagie onder die vel gevind en is die hoeveelheid selle wat oorgeplant word belangrik.

“Hoe meer jy insit, hoe meer soldate is daar om die skade te herstel.”

Van Wyk besit die enigste laboratorium in Afrika wat deel van die stamselrevolusie is en het sy opleiding in Amerika ontvang.

Stamselterapie is nog nie deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) goedgekeur nie.

“Stamselterapie vir 'n eenmalige besering soos met 'n beroerte, waar weefsel hiermee herstel word, of dan 'n sportbesering, is wel goedgekeur. Dit gaan oor die hoeveelheid gevalle wat wêreldwyd aangeteken is. Elke behandeling deur my laboratorium, word gedokumenteer en kan goedkeuring bevorder.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!