Staking by NBC afgelas
Die sekretaris-general van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), mnr. Petrus Nevonga, het vannoggend stakende werknemers van die nasionale uitsaaier ingelig dat die vakbond hul hofsaak teen die NBC en die regering teruggetrek het, en dat die staking tot ’n einde gekom het. Ná langer as ‘n maand se protes is aan geen van die stakers se eise toegegee nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie