Stakende vissermanne na ILO
Stakende vissermanne na ILO

Stakende vissermanne na ILO

Seelui sê die omstandighede waaronder vissermanne op see werk, het ondanks die uitgerekte nywerheidsaksie en veranderinge aan die arbeidswet verswak.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Stakende vissermanne het ‘n klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) ingedien waarin hulle die regering en vismaatskappye van dwangarbeid en ander menseregteskendings beskuldig.
Die groep seewerkers, wat hulself die United Fishermen of Namibia noem, het die ILO in Februarie kennis gegee dat hulle voornemens is om ‘n amptelike klag in te dien. Dit is toe op 30 Mei gedoen.
Namibiese vissermanne staak sedert Oktober 2015 en voer aan hul werksomgewings is onveilig en vismaatskappye beoefen uiters ongewone arbeidspraktyke.
Pres. Hage Geingob het vroeër sy meegevoel met die stakende werkers betuig en wysigings is aan die arbeidswet aangebring nadat die arbeidskommissaris, mnr. Bro-Mathew Shinguadja, samesprekings met belanghebbendes in die bedryf gevoer het.
Dit bepaal dat werkers nie langer as nege ure en ook nie meer as vyf ure oortyd per dag mag werk nie.
Die voorsitter en woordvoerder van die United Fishermen of Namibia, mnr. Mathew Lungameni, het gister gesê werksomstandighede het nie verbeter nadat die wysigings aan die wet aangebring is nie.
Hulle voer aan die wysigings is bloot ‘n weerligafleier wat daarop gemik is om die internasionale gemeenskap en die ILO te paai.
“Die situasie het versleg,” sê Lugameni, en voer aan die werkers wat in diens geneem is om die werk van die stakende vissermanne te verrig, geniet nie enige werksvoordele nie. Verder werk hulle in omstandighede wat soortgelyk is aan die destydse kontrakarbeiderstelsel. Die gesondheidstandaarde is ook besig om te versleg, sê hy.
Volgens hom moet hierdie tydelike werkers vir 21 tot 36 ure ononderbroke werk en sê geen verbeterings is aan die veiligheid en ander werksomstandighede aangebring nie. Hierdie tydelike werkers word ook nie oortyd of nagskoftoelaes betaal soos die wysigings aan die arbeidswet voorskryf nie.
Lugameni sê die vismaatskappye het intussen ook ongekwalifiseerde veiligheidspersoneel in diens geneem. Verder het die uitgerekte staking sy tol begin eis op die persoonlike lewens van die stakers wat sukkel om te oorleef. Agttien van die stakende werkers is dood sedert die staking begin het. Twee van die sterftes is deur selfmoord veroorsaak, sê hy.
Namibië is ‘n mede-ondertekenaar van die ILO-konvensie, wat onder meer bepaal die staat moet “aktief die welstand van die mense in stand hou en bevorder”.
WETTIGE STAKING
Die viswerkers hou vol die staking is wettig aangesien hulle binne hul regte optree om nie werk te verrig in onveilige omstandighede nie.
Hulle beskuldig die regering daarvan dat hy as ‘n “neutrale beslegter” tussen die stakers en die vismaatskappye opgetree het pleks van te eis dat daar aan die arbeidswet voldoen word.
Dit, sê hulle, is die geval aangesien daar ‘n duidelike konflik van belange bestaan omdat so baie regeringslui en amptenare aandeelhouding in die visbedryf het.
Lugameni sê dit bring mee dat die regering nie ag slaan op die werkers se eis vir ‘n veiliger omgewing en beter werksomstandighede nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!