Stadsraad: Regstreeks en lewendig
Stadsraad: Regstreeks en lewendig

Stadsraad: Regstreeks en lewendig

Die regstreekse uitsending op sosiale media van die maandelikse vergadering het baie aandag getrek.
Andrew Poolman
Augetto Graig

Selde tevore, indien ooit, was Windhoek se maandelikse stadsraadsvergadering so vermaaklik soos op die aand van 11 Februarie, toe die nuwe burgemeester dr. Job Amupanda ’n stempel van deursigtigheid en konsensus op die normaalweg formele verrigtinge laat plaas het.

Teen Sondag het volgers op sosiale media reeds die opname van die regstreekse uitsending bykans 50 000 keer gaan kyk.

Amupanda se boodskap – dat die hoofstad se leierskap metgeselle vir inwoners moet wees – is uitgebeeld in sy openingstoespraak, waarin talle spesifieke lewenswerklikhede van inwoners een vir een geopper is. Hy sê die raadslede moet só optree dat hulle helde in die oë van inwoners is.

Die burgemeester het uitgebrei oor die post-kolonialistiese aard van Windhoek se erfenis, en hoe die administrasie van die hoofstad ontaard het tot “’n leë dop, ’n kru en brose bespotlikheid.”

Om hierdie rede is dit tyd vir ’n verandering, sê hy.

“Windhoek, in 2021, se politieke konfigurasie het verander en is nie meer in die hande van diegene wat dit vir 30 jaar bestuur het nie. Ons is ’n leierskap en ’n generasie op ’n tydstip waarin burgers gesonde verstand bo ekstase verkies, die toekoms bo die verlede, ontwikkeling bo heldhaftigheid,” het hy gesê.

Tegniese probleme met die uitsending, en met tye die klankgehalte, het veroorsaak dat die meerderheid van sy toespraak nie deel van die opname is nie. Nogtans het die vier ure van beraadslaging met verskeie interessante en dramatiese oomblikke, ’n wye gehoor ontlok.

Onder meer het kwessies aan die lig gekom soos die 116 toilette wat aan die stad geskenk is, maar nie in informele nedersettings opgerig is nie, weens geldtekort en die uitstaande goedkeuring van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme.

’n Voorstel is ook bespreek om met die regering skuldbedrae ter waarde N$350 miljoen uit te ruil.

Die eerste vergadering waar die nuwe stadsraad besluite sou neem, het sá lank voortgeduur dat dit gister om 14:00 hervat moes word. Weens die Covid-19-aandklokreël moes die vergadering Donderdagaand verdaag.

Die volle agendapunte is nie bespreek nie en die vergadering is laas week verdaag net ná die goedkeuring vir die stad se hertoetrede tot die Vereniging van Plaaslike Owerhede (ALAN) en die registrasie van die burgemeester se trust.

Gister is hervat met goedkeuring van ander skenkings aan die hoofstad; die beginsel van tydelike vooraf goedkeuring vir erwe vir inwoners op die stad se behuisingswaglys en inwoners wat gedurende stadsbeplanning verskuif moet word. Hier is lank beraadslaag oor die integriteit van die lys van 30 000 mense, wat op datum gebring moet word. Oor die volgende drie jaar wil die munisipaliteit op dié wyse 5 000 erwe vooraf toeken.

Die stadsraad het ook goedkeuring gegee vir voortsetting met ’n projek om bitumen in Windhoek te vervaardig. Die openbare deel van die vergadering is om halfvyf gistermiddag afgehandel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49%