Stadskas ruk plase
Stadskas ruk plase

Stadskas ruk plase

Die munisipaliteit sê almal binne die stad se uitgebreide grense sal geleidelik tariewe moet betaal soos inligting oor eiendomswaardasies beskikbaar raak.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Eienaars van plase wat binne Windhoek se uitgebreide grense val, sal in die nabye toekoms munisipale tariewe moet betaal, ongeag of hulle enige dienste van die munisipaliteit ontvang of nie.

Dit volg nadat die Windhoek munisipaliteit onlangs bekendgemaak het dat dit vir die eerste keer vanaf 1 Augustus munisipale tariewe sal hef binne die stad se uitgebreide grense. Slegs tariewe op eiendomswaarde en –verbeteringe, asook tariewe vir die bestuur van afvalwater sal gehef word.

Die munisipaliteit het in ‘n kennisgewing spesifiek na woonbuurte soos onder meer Finkenstein, Sungate, Regenstein, Omeya, Herboth’s Blick en Brakwater verwys.

Op die vraag of tariewe ook gehef sal word op die plase wat binne stadsgrense val, het die munisipaliteit gesê almal binne die stad se uitgebreide grense sal geleidelik tariewe moet betaal, soos inligting oor eiendomswaardasies beskikbaar raak.

“Tans is sommige kliënte se inligting nog nie op ons stelsel nie. Diegene oor wie se inligting ons reeds beskik, sal van 1 Augustus af die gepaardgaande tariewe moet betaal,” het die munisipaliteit se woordvoerder, mnr. Scheifert Shigwedha, aan Republikein gesê.

Shigwedha sê die tariewe is betaalbaar, ongeag of plase enige munisipale dienste ontvang of nie.

“Volgens die plaaslike owerheidswet op tariewe vir belasbare eiendom, sal tariewe in elke boekjaar betaalbaar wees deur die eienaar van enige belasbare eiendom in ’n plaaslike owerheidsgebied.

“Die betalings vul die plaaslike owerheidsraad se beurs aan en word bereken volgens ‘n vasgestelde koers op waardasies.”

Die munisipaliteit sal voorts nog antwoord op Republikein se vrae oor of plaaseienaars binne die stadsgrense steeds verplig sal wees om grondbelasting vir grondhervestigingsdoeleiendes aan die staat te betaal, en of hulle voorts toestemming moet kry om nuwe geboue op hul plase op te rig of selfs om boorgate te sink.

‘n Reaksie word ook binnekort van die Namibië Landbou-unie (NLU) verwag.

Die munisipaliteit sê in ‘n kennisgewing die tariewe word in werking gestel nadat dit in Julie deur die stadsraad aangekondig en goedgekeur is.

“Die insameling van munisipale tariewe sal ‘n volhoubare verskaffing van dienste binne die stad verseker en die insameling hiervan sal tot voordeel van stadsbewoners strek en ook seker maak dat vir alle inwoners binne die nuwe stadsgrense gelyke voorsiening gemaak word as dit by die verskaffing van munisipale dienste kom,” lui die kennisgewing.

Windhoek se uitgebreide grense maak dit die derde grootste stad ter wêreld ná Tianjin and Istanboel en strek oor 5 133,4 km². Met die uitbreiding van die stad se grense in 2012 is ‘n bykomende 325 eiendomme by die stad ingesluit – die meeste hiervan is plase.

GEMEENSKAPSLEIER REAGEER

Mnr. Brian Black, ‘n gemeenskapsleier van Kapps Farm buite Windhoek, sê die gemeenskap is bereid om met die munisipaliteit saam te werk, maar kan nie vir dienste betaal wat nie gelewer word nie.

Hy sê die besluit om Windhoek se grense oornag te vergroot ná beweringe dat ontwikkelings buite die stad ‘n verlenging van apartheid is, maak steeds nie sin nie.

“Dit maak van Windhoek een van die grootste stede ter wêreld en dit sal die munisipaliteit jare neem om dienste aan almal binne die stad te lewer,” het hy gesê.

“As verantwoordelike landsburgers is ons gewillig om ons deel te betaal, maar ons ontvang nie enige dienste van hulle in die vorm van byvoorbeeld vullisverwydering of die verskaffing van elektrisiteit nie.”

Hy sê die munisipaliteit handhaaf dubbele standaarde.

“As dit by besluite kom wat die inwoners van byvoorbeeld Katutura of Khomasdal raak, raadpleeg hulle inwoners, maar in die res se geval word besluite slegs gemaak en ons moet gehoor daaraan gee. Ons is moeg daarvoor om soos tweedehandse burgers hanteer te word,” het hy gesê.

Hy het beklemtoon die munisipaliteit moet veral deursigtig wees as dit kom by hoe hulle belasting op huise en geboue uitwerk.

“Daar moenie ‘n verskil wees in wat hulle dink die waarde van byvoorbeeld iemand se huis is en wat ons dink die waarde daarvan is nie,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!