Stad Windhoek: Nuwe besems, groot beloftes

Die vyf kandidate waarmee gister openbare onderhoude gevoer is as deel van die werwing van ‘n nuwe uitvoerende hoof vir die munisipaliteit van die Namibiese hoofstad het almal groot planne vir hervorming en herlewing.
Dani Booysen
Ogone Tlhage







Onteiening is gister tydens onderhoude met voornemende munisipale hoofamptenare vir Windhoek genoem as ‘n opsie om vinniger genoeg grond vir behuising beskikbaar te stel.

Behuising en die stad se beroerde geldsake was van die kerntemas tydens onderhoude met die vyf kandidate op die kortlys. Onderhoude is nog nooit te vore in die openbaar gehou nie.

Die lewering van gedienste erwe is boaan dr. Eino Mvula, ‘n bestuurder by NamWater, se lysie.

Volgens hom is daar genoeg grond beskikbaar binne die stad se wye grense. Natuurlik sal daar volgens Mvula regverdige vergoeding betaal word, maar grondwetlike middele moet volgens Mvula ingespan word om die behuisingskrisis op te los.

Die stad, eerder as private ontwikkelaars, moet self die werk doen, het hy gesê, om bekostigbaarheid te verseker. Net koste moet van eienaars verhaal word en niks meer nie.

Die munisipaliteit moet volgens Mvula ook bykomende inkomstestrome uit sy talle bates skep.

SKOON BOEKE

Finansiële hervorming, wat sal verseker dat die stad se boeke binne twee of drie jaar ‘n skoon oudit ontvang, is ‘n prioriteit vir me. Charmill Zamuee, ‘n sakevrou en entrepreneur.

Volgens haar kan finansiële volhoubaarheid net verseker word as daar streng by begrotings gehou word. Rekordhouding moet volgens Zamuee beslis verbeter.

Die invordering van N$1 miljard se skuld sal ‘n prioriteit wees vir mnr. Moses Mtyayi. Hy is tans aan die stuur van Otjiwarongo se munisipaliteit.

Mtyayi het voorgestel verskuldige bedrae moet direk uit staatsamptenare se salarisse verhaal word. Die regering sal aftrekkingskodes hiervoor moet verskaf.

Dit sal volgens hom kontantvloei verbeter. Die munisipaliteit sal volgens Mtyayi baie planmatig moet optree om skuld in te vorder.

“As jy agterstallig is, sal jy – of jy nou daarvan hou of nie – ‘n verpligte debietorder-ooreenkoms met die stad moet aangaan omdat jou gedrag die wyse beïnvloed waarop ons sake doen,” het hy gesê.

Ook mnr. Conrad Lutombi, tanas uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid (RA), het die skuldvraagstuk beklemtoon.

“Ons moet uitgawes beperk,” het hy aangevoer. “Ons benodig ‘n effektiewe plan om alle skuld in te win. Ons moet baie streng wees wat maatreëls betref om wanbetalers aan te tree. As mense nie betaal nie, moet daar meganismes wees sodat ons dienste kan opskort,” het Lutombi gesê.

VOX POPULI…

Me. Joyce Mukubi, ‘n adjunkdirekteur in die ministerie van werke en Vervoer, het gesê sy sal tydens haar eerste 100 dae in die pos openhartige gesprek met inwoners en ander belanghebbendes voer om te bepaal wat die grootste behoeftes is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!