'Stad se water uitstekend'

Die hoofstad se water­herwinningsmetode verlaag hormoonvlakke.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die gehalte van altesaam 10 000 monsters van water uit verskillende dele van Windhoek word maandeliks, volgens hoë internasio­nale standaarde, deur die munisipaliteit­ se laboratorium vir wetenskaplike dienste getoets.

Dit sluit in toetse vir chemikalieë, parasiete, virusse, stowwe wat met die werking van hormone in mense kan inmeng, asook mikrobiologiese organismes.

Die water wat vanuit Windhoek se waterherwinningsaanlegte kom, ondergaan meer toetse as byvoorbeeld dié wat deur nasionale damme verskaf word. Daarom kan die munisipaliteit met sekerheid bevestig dat die stad se herwinde water van uitstekende gehalte is.

Windhoek se munisipaliteit het gister 'n mediatoer van hul laboratorium by die Gammams-aanleg vir waterwerke aangebied om te demonstreer hoe die hoogste standaarde gehandhaaf word.

Die laboratorium se hoofwetenskaplike, Kosmas Nikodemus, sê verskeie parameters word getoets omdat die water herwin word.

Waar die plaaslike laboratorium nie die vermoë het om sekere toetse te doen nie, word monsters weggestuur.

“Ons toets byvoorbeeld vir virusse deur monsters weekliks na die Universiteit van Pretoria te stuur. Dis die enigste instansie in Afrika wat daarvoor kan toets. Monsters word ook na 'n ander laboratorium in die buurland gestuur om vir gevaarlike parasiete te toets, soos byvoorbeeld dié wat in diere­mis voorkom.

“Ons toets vir stowwe wat die mens­like hormoonstelsel kan ontwrig en stuur monsters hiervoor na 'n laboratorium in Frankryk,” het Nikodemus gesê.

Oor die moontlike opbou van byvoorbeeld hormone in die water, het hy gesê die munisipaliteit slaag in die bekamping daarvan.

“Ons metode van waterherwinning verlaag dié vlakke suksesvol.

“By die herwinningsaanleg word sekere prosesse soos osonisering en suiwering deur korrel-geaktiveerde koolstof gevolg - wat dit heeltemal verwyder. Ons laboratoriumtoetse bewys dit.”

Nikodemus het verder gesê die hormoonvlakke wat in NamWater se water voorkom, is onbeduidend.



ISO-STANDAARDE GEHANDHAAF

Me. Maria Ndafyaalako, 'n weten­skaplike wat by die laboratorium se afdeling vir gehaltebestuur betrokke is, sê daar word by die internasionale ISO/IEC 17025 gehou – 'n akkreditasiestelsel wat vir die meeste laboratoriums wêreldwyd geld om te verseker­ dat resultate geldig, konsekwent en akkuraat is.

“Die handhawing van dié standaarde is vir ons baie belangrik, want Windhoek is die eerste stad ter wêreld wat drinkwater direk herwin. Daarom moet ons seker maak dat ons aanlegte reg funksioneer,” het sy gesê.

Volgens Ndafyaalako word hul labo­ratorium vyfjaarliks deur Sadcas, die akkreditasieliggaam vir laboratoriums­ in Suider-Afrika, geëvalueer voor 'n nuwe akkreditasie-sertifikaat uitgereik word.

Verder word hulle ook jaarliks besoek om seker te maak die voor­skrifte word reg uitgevoer.

Sy het gesê sodra die laboratorium resultate bekend maak, word 'n akkreditasiemerk daarop gedruk wat oral oor die wêreld erken word.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36%