Stad keur uiteindelik grondtransaksies goed
Stad keur uiteindelik grondtransaksies goed

Stad keur uiteindelik grondtransaksies goed

Ses erwe met private verdrae verkoop
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Windhoek-munisipaliteit bevind hom in U329; penarie nadat die stadsraad te lank geneem het om ses tenders vir erwe in Khomasdal en Wanaheda goed te keur.

Die sperdatums het verval.

In die jongste wending het die stadsbestuur voorgestel dat die grond deur middel van private verdrae aan die gekose ontwikkelaars verkoop word teen die gesamentlike bedrag van N$90,5 miljoen wat oorspronklik aangebied is.

Die toekenning is deur die bestuurskomitee versnel sodat dit kon geskied voor die aanneming van die stadsraadnotules van 29 September 2016. Dieselfde proses is gevolg toe die transaksies aanvanklik op 26 November 2015 tydens ''n spesiale raadsvergadering goedgekeur is.

Vrae is daarna gevra oor die geldigheid van die aanbiedinge en die raad se gesag om dit te aanvaar. Dit het ''n tweede stok in die proses se wiel gesteek.

Die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Filemon Hambuda, wil die saak nou agter die rug kry om finansiële verliese en/of regstappe teen die munisipaliteit te vermy. Hy is geondersteun deur raadslid Moses Shiikwa, wat die oorspronklike toekenning voorgestel het, terwyl die drie opposisieraadslede, me. Brunhilde Cornelius, mnr. Joseph Kauandenge en mnr. Ignatius Semba, voorheen die transaksie teengestaan het.

Cornelius het bevestig dat daar eenstemmigheid oor die jongste besluit bereik is.

Die verhaal begin in Julie 2015 toe die stadsraad besluit het om algemene woonerwe in die twee woonbuurte nie aan gekose bieërs te verkoop nie. Die toekenning is gestuit as gevolg van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, se opdrag dat die massabehuisingsprojek landwyd gestaak word totdat strydpunte oor koste en tenderaars bygelê kon word.

Die erwe het oorspronklik op 10 April 2015 op tender gegaan en aansoeke het op 8 Mei 2015 gesluit. Die grond wat in Khomasdal aangebied was, was Erf 1448 (48 567 vierkante meter), Erf R/1470 (64 191 m²), Erf 1503 (5 147 m²), Erf R/1091 (3 169 m²) en Erf 4827 (1 659 m²). Die sesde erf, in Wanaheda, was Erf 456 met ''n grootte van 1 659 m². Die geldigheidsperiode vir die tenders het op 8 Augustus 2015 verval.

Op 18 Augustus 2015 het die raad besluit om die saak tydelik uit te stel. Die bestuurskomitee se opdrag was dat die tender gekanselleer en aansoekers daarvan ingelig moes word.

Toe die raad weer op 25 en 26 November 2015 vergader het, is egter besluit om die erwe wel aan die oorspronklike tenderaars toe te ken. Dié optrede was volgens advokaat Gerson Hinda en adv. Orben Sibeya se aanvanklike, onafhanklike regsadvies aan die stadsraad onreëlmatig. “Die tender het verval en dus bestaan dit nie. Enige poging om die situasie te red, moet die proses van voor laat begin,” was hul raad.

Intussen is tenderaars reeds ingelig dat hulle suksesvol was.

Toekennings is gedoen aan MGM Properties (Erf 1448), Delie Enterprises (Erf R/1470), Jeneffer Investment (Erf 1503), Vantage Investments (Erf R/1091), I.D. Building Contractors (Erf 4827) en Marnel Property Projects (Erf 456).

Almal sou meer as die oorspronklike insetprys betaal, met Delie Enterprises wat net meer as N$38 miljoen vir sy stuk grond in Khomasdal sou betaal. Dit is so groot soos ses rugbyvelde.

MGM Properties het N$37,5 miljoen vir byna vyf rugbyvelde aangebied. Die kleiner erwe was almal vir veel minder as N$10 miljoen toegeken, met Jeneffer Investments wat N$7,8 miljoen, Vantage net meer as N$4 miljoen, I.D Building Contractors N$1,8 miljoen en Marnel N$1,2 miljoen sou betaal.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%