Staatswerkers hoes eerste
Staatswerkers hoes eerste

Staatswerkers hoes eerste

2%-bal aan die rol
Denver Kisting
Denver Kisting



Staatsamptenare het gister besef die regering is ernstig met sy planne om op 2% van hul salarisse aanspraak te maak.

In dié stadium heers onsekerheid oor of dié persentasie op een maand of 'n hele jaar se basiese salaris bereken word.

'n Brief waarin die regering toestemming vra om dié “skenking” deur middel van verskillende opsies van staatsamptenare se salarisse te verhaal, het gister aan die lig gekom.

Die opskrif van dié brief, op 'n briefhoof van die kantoor van die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, lui: “Toestemmingsvorm vir die 2%- vrywillige bydrae tot die 2019-'20-droogtehulpprogram deur staatsamptenare.”

Onder afdeling A moet regeringsamptenare aandui aan watter ministerie/kantoor hulle verbonde is en hul posvlak en ander biografiese besonderhede verstrek.

Afdeling B maak voorsiening vir die verkose betalingsopsie. In die eerste plek kan staatsamptenare kies dat dié omstrede 2% op een slag afgetrek word.

As alternatief kan staatsamptenare kies om die bydrae oor drie, ses of twaalf maande af te betaal.

Sou staatswerkers verkies om hul eie reëlings te tref by wyse van 'n direkte bankoordrag is hulle welkom om daardie opsie uit te oefen, lui die skrywe.

Die brief verwys na 'n maand se basiese salaris én 'n jaar s'n.

Mnr. Peter Nevonga, die hoofsekretaris van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), het gistermiddag by navraag aan Republikein gesê hy het 'n probleem as dié bydraes nie vrywillig is nie.

“As mense hul individuele toestemming gegee het, dink ek dit is in orde. Die probleem is wanneer hulle gedwing word, wat ek nie dink die geval is nie.”

Kuugongelwa-Amadhila se woordvoerder, me. Saima Shaanika, sê dié gelekte dokument is nie die finale weergawe nie. Volgens haar duur beraadslaging nog voort.

“(Die) finale een sal gedeel word sodra dit afgehandel is.”

Een staatsamptenaar het gistermiddag gevra: “So, hulle gaan voort met die k*k? En as jy weier?”

'n Ander het só gereageer: “Mxm ('n klikgeluid).”

Mnr. Job Muniaro het onlangs gewaarsku hoewel die regering die reg het om belastings te verhoog, sou Namibiërs nie vrywillig 2% van een maand se basiese salaris skenk nie, sal dit inwoners vernietig.

Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), het vroeër gesê die vakbond het hom nie tot 'n antwoord oor die kwessie verbind nie.

Omdat dit talle partye raak, het hulle besluit om die vakbond se leiers te raadpleeg voor hulle 'n mening oor die saak uitspreek.

Die aangeleentheid oor die gewraakte 2% is verlede maand aan die groot klok gehang toe Kuugongelwa-Amadhila se uitnodiging aan NUNW uitgelek het.

Die nuus dat die regering by sy inwoners bakhand staan, is 'n duidelike teken van hoe die Swapo-geleide staat armes uitbuit, sê mnr. Jan van Wyk, visepresident van die United People's Movement (UPM).

Mnr. Nico Smit, tesourier-generaal van die Popular Democratic Movement (PMD), reken Swapo is die kluts kwyt.

Smit sê Swapo besef die skrif is aan die muur.

“Dit is waarom hulle hulle tot sulke metodes wend.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.31/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.10% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.32/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 939.35/OZ DOWN -0.0007 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.31/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.10% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.32/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 939.35/OZ DOWN -0.0007