Staatspasiu00ebnte se posisie u2018onbenydenswaardig'
Staatspasiu00ebnte se posisie u2018onbenydenswaardig'

Staatspasiënte se posisie ‘onbenydenswaardig'

Verskeie verskaffers van gesondheidsdienste het aangedui hulle gaan nie hul kontrak met die staat se mediese fonds hernu nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht –Die gewysigde kontrak tussen die staat se mediese fonds (Psemas) en verskaffers van gesondheidsdienste is vir die soveelste keer uitgestel, dié keer vir agt maande.

Die nuutste verlenging tree volgens die uitvoerende direkteur van finansies, me. Ericah Shafudah, môre (1 Augustus) in werking en verstryk 31 Maart aanstaande jaar.

Alle gekontrakteerde gesondheidsdiensverskaffers moes vir die hernuwing van hul kontrakte aansoek doen.

Volgens die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) het 8% van die huidige gekontrakteerde diensver­skaffers tydens 'n onlangse opname onder lede aangedui hulle gaan nie hul kontrakte hernu nie.

Volgens die NPPF het 213 diensverskaffers uit alle vakgebiede in die gesondheidsektor aan die opname deelgeneem.



Psemas betaal steeds

Die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (NAMAF) se standaardtariewe vir 2014 word steeds vir betalings van eise gebruik. Volgens die opname het 25% van die respondente satellietpraktyke en mag gevolglik volgens paragraaf 3.10 van die gewysigde kontrak nie meer hier eis vir dienste gelewer aan Psemas-pasiënte nie.

Dit het hoofsaaklik 'n invloed op landelike gebiede waar toegang tot gesondheidsdienste vir Psemas-pasiënte aansienlik ingekort sal word en op plekke glad nie meer gaan bestaan nie, sê die NPPF.

Die forum het by monde van mnr. Eben de Klerk gesê buiten vir een uitsondering het geen ander van die diensverskaffers wat deel van die opname was, bevestiging ontvang dat sy of haar hernuwingsaansoek suksesvol was al dan nie.

“Dit los verskaffers en hul pasiënte (vanaf môre, 1 Augustus) totaal in die duister,” sê De Klerk.

“Verskaffers sal moet besluit om óf nie enige Psemas-pasiënte te sien totdat hulle bevestiging (indien ooit) ontvang het nie, óf die risiko loop om voort te gaan om hierdie pasiënte te sien sonder enige waarborg of geskrewe bevestiging dat hulle betaal sal word,” het hy gesê.

Omdat Psemas 60 dae of langer neem om eise te verwerk en betalings te doen, kan gesondheidsdiensverskaffers moontlik eers meer as twee maande later uitvind hul Psemas-eise is afgekeur, sê De Klerk.

“Dit het al voorheen gebeur en Psemas het doodeenvoudig net enige betaling aan die betrokke dokter geweier.”

Volgens De Klerk was die NPPF deel van kontrakonderhandelinge in 2018 wat deur die kantoor van die eerste minister gefasiliteer is en waar die regering gewaarsku is Psemas sal weens 'n gebrek aan kapasiteit nie aansoeke vir hernuwings kan verwerk nie.

“Die stelling is nou bewaarheid, gegewe die verskeie kere wat die sluitingsdatum sedert die begin van verlede jaar uitgestel is. Ook die onbenydenswaardige posisie waarin die bedryf en Psemas-pasiënte hulself nou in bevind.”

De Klerk sê die NPPF het sedert vroeg verlede jaar versoeke aan die mediese fonds, sowel as die kantoor van die eerste minister gerig om met die private sektor in gesprek te tree vóór “eensydige veranderinge” aan die kontrak gemaak word en dit “eenvoudig afgedwing word”.

“Al hierdie versoeke is eenvoudig geïgnoreer en daarom sit ons nou met 'n reusekrisis wat byna 300 000 staatsamptenare en hul onafhank­likes raak en met Psemas se bestuur wat net nêrens te vinde is nie.”

Volgens De Klerk is die situasie en die “stille afname van toegang tot gesondheidsdienste” ook aan die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu), sowel as die Namibiese vakbond vir staatdienswerkers (Napwu) geskets, maar het net Nantu vir nog inligting gevra.

Die NPPF het ook hande gevat met ander verenigings om regstappe teen Psemas te neem, maar volgens De Klerk is dit 'n laaste opsie.

“Ons het regshulp ingeroep om stappe te neem indien die kwessie nie dringend getakel word nie. Dit is 'n absolute laaste opsie, ons wil nie hof toe gaan nie, maar dis wanneer dit op 'n punt kom waar dit ons geen ander keuse los nie.”

De Klerk beklemtoon dit is in Psemas-lede se hande om standpunt in te neem omdat dit duidelik is die mediese fonds het “geen begeerte om die private gesondheidsektor te betrek nie”, in situasie waarvoor Psemas-lede volgens hom die prys sal moet betaal.

Volgens De Klerk is die “enigste logiese afleiding” vir die beperking van kontrakte tot net een praktyk en ten koste van satellietpraktyke dat die regering probeer om koste te sny. Dit, deur toegang tot gesondheidsdienste te beskerm en sonder om Psemas-lede en ander rolspelers te raadpleeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.30/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.03% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 939.84/OZ DOWN -0.0002 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.30/OZ UP +0.52% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.03% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 939.84/OZ DOWN -0.0002