Staatshuis verdedig Geingob se salaris
Staatshuis verdedig Geingob se salaris

Staatshuis verdedig Geingob se salaris

Dani Booysen
Politieke ampsbekleders en presidensiële raadgewers se salarisse is maar net 'n druppel in die emmer van die regering se totale salarisrekening.
Dit was deel van Staatshuis se reaksie laat vanmiddag op die vergoeding van die staatshoof, sy voorgangers en ander kabinetslede. Die persentasie is 0,9% van die salarisrekening.
Die verhogings waaroor twee Engelse dagblaaie Maandag op hul voorblaaie berig het, het reeds op 1 April 2016 in werking getree en is in 2015 goedgekeur. Dit is verkeerdelik as nuwe verhogings bestempel.
Volgens Staatshuis is dit 'n ope vraag of pres. Hage Geingob regverdig vergoed word. Die staatshoof se salaris is naamlik minder as vir uitvoerende hoofde in die private sektor asook by verskeie staatsondernemings (SOE's).
By SOE's wissel topsalarisse - dit is versekerde inkomste sonder bonusse en dies meer - tussen N$1,6 miljoen en N$2,6 miljoen per jaar teenoor Geingob se N$1,75 miljoen. Die gemiddeld in die private sektor beloop volgens Staatshuis N$2,9 miljoen, met sommige uitvoerende hoofde wat meer as N$4 miljoen huis toe neem - sonder aansporingskoste.
Die volgende voorbeelde is deur Staatshuis gelys:
FNB Namibia N$3,5 miljoen
Bidvest Namibia N$3,1 miljoen
ECB N$2,6 miljoen
MVAF N$2,4 miljoen
NamPower N$2,3 miljoen
NamPost, Unam N$2,1 miljoen
SatCom, DBN N$2 miljoen
NSFAF, NUST N$1,9 miljoen
Telecom Namibia N$1,8 miljoen
New Era N$1,7 miljoen
Namport, EIF N$1,6 miljoen

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!