Staatshospitale mank aan voorraad
Staatshospitale mank aan voorraad

Staatshospitale mank aan voorraad

Een ortopediese boor moet vir alle verwante operasies in die Katutura-hospitaal instaan.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Betalings vir verskaffers van skroewe, penne en prosteses vir ortopediese operasies by die twee staatshospitale in Windhoek word “by tye” vertraag wat ‘n “huiwering by sommige van die verskaffers veroorsaak” om toerusting te voorsien.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, sr. Manga Libita, is dit waar dat dié voorrade nie altyd by die Windhoek Sentrale en Katutura-staatshospitale beskikbaar is nie. Sy het voorts gesê die stelsel wat gebruik word vereis dat verskaffers na die teater kom met ‘n skinkbord met onder meer skroewe en penne van verskillende groottes.

“Die dokter besluit tydens die operasie wat benodig word en wat onder meer deur die pasiënt se liggaamsbou en grootte bepaal word,” het Manga verduidelik.

Die ministerie ontvang vervolgens ‘n rekening vir voorraad wat tydens die operasie gebruik is.

Sy het voorts erken net een ortopediese boor is vir ‘n vol teaterlys in die Katutura-hospitaal beskikbaar. Die tweede boor is reeds vir ‘n geruime tyd stukkend.

“Planne is onderweg om hopelik in die volgende paar weke bykomende bore te koop.”

Manga het egter bewerings ontken dat die boor wat tans gebruik word pasiënte vir infeksie vatbaar maak omdat dit nie ná elke operasie gesteriliseer word nie.

“Dit is nie feitelik korrek nie. Ons het ‘n sentrale afdeling wat die sterilisering van toerusting hanteer.”

Met verwysing na deure en teaterligte, wat teen miljoene Namibiese dollar opgeknap is, het sy gesê dié opknapwerk is reeds meer as drie jaar gelede gedoen.

“Waarborge is nie meer van toepassing nie. Dit is nou ‘n kwessie van instandhouding soos dit nodig is.”

Volgens Manga is die ministerie besig met ‘n “heroganiseringsproses” vir die twee staatshospitale in die hoofstad.

Dit is nie net vir roetine-onderhoud nie, maar ook om die “verskeie nuwe subspesialiteite” te huisves wat tans by die Windhoek Sentrale Hospitaal opgestel word.

Republikein het vroeër berig veral pasiënte met 'n faktuur moet so gou as moontlik geopereer word. Volgens 'n bron in die bedryf lê baie van dié pasiënte wat nie geholpe raak nie en noodgedwonge van die staat se gesondheidsorg afhanklik is, dikwels in erge pyn en ontwikkel later sepsis en druksere. Diensverskaffers is in Januarie laas betaal, met geen ooreenkoms wat bereik is vir enige betaling in die toekoms nie.

Volgens statistiek van Namfisa, Namibië se finansiële waghond, maak 78% (1,8 miljoen) van die land se 2,3 miljoen inwoners van die staat se gesondheidsgeriewe gebruik. Dit behels inwoners wat nie aan enige mediese fonds behoort nie.

‘n Tender vir die verskaffing en aflewering van ortopediese materiaal vir die Sentrale Hospitaal se direktoraat: tersiêre gesondheidsorgdienste word sedert verlede Dinsdag op die ministerie se webtuiste adverteer.

Dié tender sluit môre.

Verskaffers kan tender vir 120 items, wat van kniestutte tot ortopediese kouse insluit.

‘n Tender vir die verskaffing en aflewering van ortopediese materiaal vir die Oshanastreek en vir multistreek- ortopediese tegniese dienste het op 7 November gesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!