Staatshospitaal is net 'vir staatspasiënte'
Staatspersoneel met 'n mediese fonds moet by private instellings vir mediese hulp aanklop, sê 'n hospitaalbaas.
Henriette Lamprecht
Personeel verbonde aan die Katutura-staatshospitaal wat aan 'n mediese fonds behoort, moet vir mediese sorg na private praktisyns gaan eerder as om vir dié dienste by die staatsinstelling aan te klop.
Dít is dr. Fady Ashmawy, superintendent van die hospitaal, se opdrag.
Hy sê geen siektesertifikate wat die hospitaal aan personeel uitreik, gaan voortaan aanvaar word nie.
Hy het vervolgens 'n beroep op personeel gedoen om hul mediese fonds te gebruik om van die dienste van private praktisyns gebruik te maak wanneer hulle mediese sorg vereis.
In reaksie hierop het die Namibiese verpleegstersvereniging (Nanu) gesê dit beteken 'n verpleegster wat by die hospitaal siek word, kan nie mediese hulp van kollegas ontvang nie en moet eerder na 'n private hospitaal of kliniek gaan.
Volgens Nanu se waarnemende sekretaris-generaal, mnr. Junius Shilunga, is dit teenstrydig met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se kernwaardes en handves.
Shilunga het 'n beroep op Ashmawy gedoen om sy “onwyse” opdrag te herroep sodat mediese personeel sonder vrees vir vervolging hulp by die hospitaal van hul keuse kan kry.
“As dr. Ashmawy geen vertroue in sy dokters het nie of vermoed van sy eie dokters reik onwettige siektesertifikate uit is dit beter om dit direk met hulle te bespreek en nie die gesondheid van onskuldige hospitaalpersoneel in die gedrang te bring nie,” het Shilunga gesê.
Hy het namens die vakbond 'n beroep op die minister, dr. Kalumbi Shangula, gedoen om 'n dringende ondersoek na Ashmawy se optrede en die redes vir sy “wantroue in die einste hospitaal wat hy lei” van stapel te stuur.
Hy het ook gesê verpleegpersoneel moet voortgaan om mediese hulp te kry waar hulle verkies.
“Geen van Ashmawy se dreigemente en drakoniese reëls moet hulle op enige manier keer nie,” het Shilunga gesê.
Hy het sy “onwrikbare ondersteuning” aan en waardering vir verpleegsters oraloor die land namens die vakbond uitgespreek vir hul “nimmereindigende en ongewaardeerde pogings” om die nasie te genees.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie