Staatshoof aan stadsraad: Opuwo!
Staatshoof aan stadsraad: Opuwo!

Staatshoof aan stadsraad: Opuwo!

Die president het opdrag gegee dat die stadspolisiehoof in sy pos herstel word en dat klagte teen die munisipale hoof laat vaar word.
Augetto Graig
Augetto Graig



President Hage Geingob het ­Windhoek se stadsraad en bestuur gister by Staatshuis op die vingers getik en beveel om binnegevegte te staak.

Volgens die staatshoof moet mnr. Abraham Kanime, hoof van die stadspolisie, heraangestel word, en moet klagte teen Windhoek se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, laat vaar word. Geen debat is oor dié opdrag toegelaat nie.

“Opuwo (hou op),” het Geingob tydens die aankondiging gesê.

Volgens die president verg die humanitêre krisis wat landswyd in nedersettings voortduur ernstige aandag.

“Die humanitêre ramp ontbloot die lelike kant van ons pragtige stad,” het hy gesê.

“Ons moet dit ernstig aanspreek. Ons kan nie met 'n raad sit wat deur ­binnegevegte verdeel is nie. Ons kan nie sit met mense wat mekaar dag en nag verdryf en skors nie.

“Ek ken nie die wette nie, ek praat nou as die president. Húlle sal die ­wetgewing interpreteer,” het Geingob met verwysing na sy eerste minster, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, en ander topleiers gesê.

Die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, en die minister­ van ­presidensiële aangeleenthede, amb. Martin Andjaba, was van die ander hoëlui by die geleentheid, asook ­ver­skeie presidensiële raadgewers onder wie me. Inge Zaamwani-­Kamwi en die jeugraadgewer me. Daisry Mathias.

So ook me. Sophia Shaningwa, Swapo se sekretaris-­generaal, mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se ­burgemeester, me. Laura McLeod-Katjirua, die ­goewerneur van die ­Khomasstreek, en me. Rachel Jacob, voorsitter van die Khomasstreeksraad, tesame met ­verskeie raadslede en senior bestuurslede van die hoofstad.

Geingob het gesê: “Hierdie skorsings moet opgehef word.

“Herstel almal (in hul ampte) – Kanime en ­Kahimise, wat geskors is, weer teruggekom het, wéér geskors is – sodat ons voortgaan om kwessies af te handel en die ­probleme op te los wat gister bespreek is.

“Hoe kan ons voortgaan met hierdie gepratery van mense wat geskors word, terugkom, weer geskors word? Dié is geskors terwyl mense in die middestad doodgeskiet word. Die stadspolisie moet hul werk doen!

“Gaan nou terug en herstel Kanime (in sy amp).

“Laat vaar die klagte teen Kahimise.

“Ek is nie 'n prokureur nie, maar gaan en doen dit.

“Dit is al.

“Opuwo. Dankie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!