Staatsboorde verdroog en verwaarloos
Staatsboorde verdroog en verwaarloos

Staatsboorde verdroog en verwaarloos

Tientalle staatsboorde in die noordelike kommunale gebied is droog en onversorg nadat die werkers laat gaan is.
Ileni Nandjato
Ileni Nandjato – Die ministerie van landbou, water en bosbou het die kontrakte van die sowat 200 werkers by die regering se 56 staatsboorde in die Oshana-, Omusati-, Ohangwena- en Oshikotostreek beëindig.

Dié afdanking van die werkers laat verlede jaar het daartoe gelei dat die bome besig is om te verdroog terwyl die plaaslike bevolking die vrugte gestroop het.

So onlangs as ‘n jaar gelede het die ministerie nog laat blyk hoe in sy skik hy is met die boomaanplantingsprojek wat in die 2003 van stapel gestuur is, en die hoeveelheid werksgeleenthede wat dit geskep het.

Die doelwit van die projek was om proefnemings met vrugtebome in die vier O-streke te doen om vas te stel hoe lewensvatbaar hierdie bome in oop grasvelde is.

In November 2017 het die permanente sekretaris van landbou, water en bosbou, mnr. Percy Misika, gesê die projek het só ontwikkel dat 56 boorde op 362 hektaar gevestig is.

Die bome het in the 2016-’17 boekjaar ‘n inkomste van N$120 400 genereer, wat N$65 993 méér as die vorige jaar was.

Dié ministerie het nie gereageer op vrae wat hieroor aan hom gerig is nie.

‘n Bron het aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesê die meeste van die werkers geniet hul werk en was sedert die aanvang van die projek daarby betrokke. Tot hul verbasing is hulle einde verlede jaar in kennis gestel dat hul dienste nie meer benodig word nie.

“Toe die aankondiging gemaak is, was ons in die boorde besig om die vrugtebome vir oestyd voor te berei. Hulle (die ministerie) het geen reëlings getref wat ons pligte deur ander oorgeneem word nie. Dit het meegebring dat mense uit die gemeenskap die vrugte gepluk het,” het ’n bron gesê.

”Ons het later gesien dat van die bome besig is om vanweë die hitte te vrek. Dit is pynlik om te aanskou aangesien ons so hard gewerk het om die boorde te vestig.”

Volgens die bron is hulle nie in kennis gestel waarom hul kontrakte beëindig is nie.

Misika het vroeër aan Namibian Sun gesê oudpres. Sam Nujoma het in 2001 opdrag gegee dat geskikte vrugteboorde op die grasvlaktes bekend as “ombuga” aangelê moet word. Dié gebiede is vroeër jare as weiveld gebruik.

“Die aanplanting het goeie vordering gemaak selfs al moet die vrugtebome gereeld natgelei word en is goeie reënval noodsaaklik. Oor die afgelope 15 jaar is verskeie vrugte- en ander bome geplant. Die bosse en plantegroei in die gebied het toegeneem. Vrugte is geproduseer en dit het vir die regering ‘n inkomste geskep,” het Misika gesê.

In 2014-’15 seisoen is 13 ton mango’s, 4 ton koejawels, 1,5 ton suurlemoene en 0,24 ton lemoene geproduseer. Die inkomste daaruit was N$89 423.

Die seisoen daarna is 10 ton mango’s, 0,72 ton koejawels, 3 ton suurlemoene en 0,6 ton lemoene geproduseer en N$65 993 is gegenereer.

Gedurende 2016-’17 is 17,3 ton mango’s, 2 ton koejawels, 5,2 ton suurlemoene, en 0,73 ton lemoene geoes. Die inkomste daardie seisoen was N$120 405.

Vanjaar is niks geoes nie, ondanks Misika se belofte dat die regering sal voortgaan om die aanplanting van vrugtebome in verskeie dele van die land te bevorder.

Hy het gesê die ministerie beoog om bestuursplanne vir die staatsboorde te ontwikkel en is voornemens om met die Landboubemarkings- en Handelsagentskap (Amta) ‘n ooreenkoms te sluit vir die bemarking en verwerking van die vrugte.

Misika het in dié vroeëre onderhoud ook gesê die regering wil met private vennote hande vat vir die bestuur van die boorde.

Sitrus asook mango’s en koejawels aard goed in die gebied, hoewel ryp en watertekorte dit soms knou.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39%