Staatmakers in Wanderers-wenspan beloon

Met meer as 'n duisend lopies was Wessel Myburgh die sportman van die seisoen.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die krieketklub Samsung FNB Wanderers het Vrydagaand in Pionierspark sy voorste spelers vir hul prestasies gedurende die 2017-2018 seisoen vereer.

Die klub het in die afgelope seisoen onder meer die Three Ships Whisky premierliga oor 50 boulbeurte ingepalm, deur CCD Tigers in die eind­stryd te klop.

Die wentrofee vir die Hunters Edge T20 premierliga is ook by die klubhuis in Pionierspark staangemaak ná 'n oorwinning teen WHS Old Boys.

Die klub se sportman van die jaar (Acrow-wisseltrofee) is die aanvangskolwer Wessel Myburgh. Hy teken in 22 wedstryde 1 157 lopies teen 'n gemiddeld van 68 aan, wat drie honderd- en ses vyftigtalle insluit. Hy neem in 14 boulbeurte twee paaltjies vir 97 lopies en word sewe keer as speler van die wedstryd aangewys.



ALLE LIGAS

Die beste ontluikende junior en die beste skoolseun (onderskeidelik die Andrew Warwick- en Hannes van der Merwe-trofees) is deur die 12-jarige Hansie de Villiers en sy ouer broer, die naatbouler Jan-Izak de Villiers, opgeraap.

Merietetoekennings vir honderdtalle is aan Wessel Myburgh, Ewald Steenkamp en die bouler JJ Smit oorhandig. Myburgh, wat soms weens werkverpligtinge vir die tweede span moes speel, het twee honderdtalle behaal – 117 nie uit nie van 68 balle teen CCD en teen Mariental 101 van 60 balle. Vir die eerste span het hy 120 van 137 aflewerings teen Trustco United 1 bymekaar gemaak.

Steenkamp teken by twee geleent­hede drie syfers aan. Teen Zebras se eerste span en WHS Old Boys Vintage (tweede liga) behaal hy onderskeidelik 111 van 56 en 141 nie uit nie van 104 balle.

JJ Smit stap teen WHS Old Boys 1 as nommervyfkolwer in en stapel 100 nie uit nie van 104 balle op.

Die drie spelers wat vyf paaltjies of meer in enige ligawedstryd ingeoes het, was Michael Durant, Ewald Steenkamp en Jan-Izak de Villiers. Durant draai in drie wedstryde die kolwers dronk en teken 5/23 in 8 boulbeurte teen United 2 aan. Met sy 5/23 in 9.2 bb teen WHS Old Boys 1 is ewe bedrewe en teen WHS Vintage laat stap hy vyf kolwers vir 42 lopies in 6.2 bb.

Die jong De Villiers, naatbouler in vroeër vanjaar se Namibiese o.19 Wêreldbekerspan, neem in 8 bb 5 vir 31 teen United 1. Op 25 April 2018 is dit Steenkamp wat in die finaal van die streekskampioenskap teen 'n saamgestelde span van die kus sy merk met 5/2 in 3 bb maak, wat 'n driekuns insluit.

Marius Meuwesen behaal teen Mariental ook 5/12.

Die Eggbert-toekenning vir die meeste eend­jies (nulletjies): Tiaan Louw, drie keer.

Die Jacques Fryer-trofee vir uit­sonderlike veldwerk: Herschelle van Schalkwyk.

Die speler wat die beste vordering getoon het (Malcolm Donaldson-wisseltrofee): Tiaan Gerber speel in 19 wedstryde, kolf 13 keer met 63 as sy hoogste telling en spog met 'n totaal van 247 lopies.

Mees toegewyde speler (A.P. Kotze-trofee): Stefan Short.

Spelers se speler van die jaar: Ewald Steenkamp.

Voorsitterstoekenning: Michael Durant en Stefan Short.



PREMIERLIGA

Beste kolwer (Aubrey Giles-wisseltrofee): Gerrie Snyman behaal in 15 kolfbeurte twee 50-talle en teken 309 teen gemiddeld 22 aan. Dit sluit 15 viere en 11 sesse in.

Beste bouler is Hendrik Geldenhuys (Big H). Hy stuur 96 boulbeurte af (16 leeg) en laat kantel 28/302 teen gemiddeld 10.79. Sy beste syfers is teen United 1 waar hy met 4/26 sy merk maak.

Beste veelsydige speler (Lennie Louw-wisseltrofee) aan Nicolaas Scholtz. Hy kolf twaalf keer en teken 285 teen gemiddeld 40.71 per beurt aan. Sy hoogste telling van 73 nie uit nie van 44 balle behaal hy teen die Welwitchias-kusspan. As linkerarmdraaier neem hy 4/5 teen United 1.

Beste veldwerker (Alan Wells-wisseltrofee): Niko Davin.

Wanderers-spelers wat Namibië verteenwoordig het, sluit in die senior Eagles Karl Birkenstock, Niko Davin, Michau du Preez, Bernard Scholtz, JJ Smit, LP van der Westhuizen en Nicolaas Scholtz, asook die o.19 Wêreldbeker-spelers Jan-Izak de Villiers en Floris Steenkamp.



TWEEDE LIGA

Beste kolwer: Wessel Myburgh kolf in 15 beurte en teken 864 lopies (709 balle) teen 'n gemiddeld van 86.4 aan. In totaal slaan hy 86 viere en 39 sesse.

Beste bouler (John Powell-wisseltrofee): Michael Durant neem 32 paaltjies vir 323 lopies teen 'n gemiddeld van 10.09. Sy beste vertonings was 5/12 teen Mariental en 5/23 teen United.

Beste veelsydige speler (Maartens-wisseltrofee): Ewald Steenkamp kolf in 21 beurte, teken 592 teen gemiddeld 74 per beurt aan en dit sluit twee vyftig- asook twee honderdtalle in. Sy 141 van 104 aflewerings teken hy teen WHS Vintage aan. Steenkamp boul 23 boulbeurte (vier leës) en neem 11/76 teen 6.91 per bb.

Beste veldwerker: Ewald Steenkamp.

Op administrateursvlak is die Vic Lowell-wisseltrofee aan Tiaan Louw oorhandig, terwyl die Bill van Zyl-wisseltrofee aan Wessel Myburgh Senior as die mees lojale ondersteuner gaan.

Thalia Louw, Chrizell Louw, Juanné Engelbrecht en Elzeth Harmse is vir hul uitnemende toewyding as tellinghouers vereer.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%