Staat se saak swak, spoeg Sisa
Me. Katrina Hanse-Himarwa se prokureur het die staat dié week in haar verhoor gelooi.
Denver Kisting – Dit sal vir enige objektiewe mens absurd wees om die orgie van leuens en manipulasie te ignoreer.
Ondanks die oordrewe ophef, is die staat se saak teen me. Katrina Hanse-Himarwa maar bra swak.
Só vaar die minister van onderwys, kuns en kultuur se prokureur, mnr. Sisa Namandje, in sy betooghoofde teen die staat uit.
Dié dokument beslaan 213 bladsye.
Volgens Namandje bereik ’n mens dié gevolgtrekking as mens kyk na die ophef wat die ondersoek teen haar en die uiteindelike vervolging vergesel het.
“Wanneer dit behoorlik, regverdig, onpartydig en objektief teen die reg opgeweeg word, is dit, met respek, baie swak,” sê Namandje.
Hy sê die staat het ’n hele “woud getuies geroep wie se getuienis in die algemeen met wesenlike teenstrydighede, onwaarskynlikhede en inkonsekwenthede deurspek is”.
Volgens hom is “dié duidelike kenmerk regdeur die staat se saak vererger deur korrupsie deur getuies of hul getuienis deur agente van die Teenkorrupsiekommissie (ACC)”.
Hy sê die beweerde korrupsie is deur middel van manipulasie van en inmenging met beëdigde verklarings gepleeg.
Die prokureur vaar uit teen “die orgie van leuens, manipulasie en verberging deur staatsgetuies, wat duidelik op ’n groot skaal gepleeg is tot die mate wat dit absurd sou wees vir enigiemand wat objektief optree om dit te ignoreer”.
Namandje het gister sy slotbetoë afgehandel. Adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze was reeds die vorige dag klaar met die staat s’n.
Mnr. Salomon Kanyemba het vir Marondedze tydens die verhoor bygestaan.
Die staat beweer Hanse-Himarwa het destyds in haar hoedanigheid as die goewerneur van die Hardapstreek aan ’n lys van begunstigdes onder die massabehuisingskema gepeuter.
Volgens die vervolgingsgesag kom dit op korrupsie neer.
Regter Christie Liebenberg het die saak Woensdag (gister) tot 8 Julie uitgestel.
Hanse-Himarwa sal dan haar lot hoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie