Staat kan sy hulp vir NSSU-toere opskort

Skolesport

14 June 2019 | Sport
Andrew Poolman - 'n Moratorium op nasionale skolesporttoere buite die landsgrense word glo deur die platsak ministerie van sport, jeug en nasionale diens oorweeg.

So 'n afkondiging – sodra dit amp­telik bevestig word – kan 'n skokgolf stuur deur die geledere van verskeie spansporte, van wie die eerstes reeds bestem is om komende naweek na Suid-Afrika te vertrek.

Veral teen die lig van die goedgekeurde begroting van meer as N$19 miljoen vir die nasionale sokkerspan se vergoeding vir hul deelname aan die Afrika Nasiebekertoernooi in Egipte sal die toegedraaide krane vir skolesporttoere beslis debat uitlok.

Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale koördineerder, mnr. Sollie Duiker, het bevestig dat hy gisteroggend tydens ontmoetings met senior ministeriële personeel mondelings oor die planne ingelig is, maar teen laatmiddag het hy steeds op die amptelike brief van die ministerie gewag.

“Ek het die ministerie nie om geldelike hulp vir enige toer gevra nie – net vir bystand met busvervoer vir sommige spanne,” het Duiker gesê.

Jarelange, gevestigde bande met provinsiale toernooie in Suid-Afrika vir die wintersporte soos rugby, netbal en hokkie kan in die gedrang kom indien 'n ministeriële moratorium op skolesporttoere afgekondig word.

Die ministerie se direkteur van sport, mnr. Sivhute Katamba, het gister aan die koerant erken dat so 'n moratorium ter sprake is.

“Dit kom al 'n lang pad en in ons finansiële situasie kan ons nie soos altyd voortgaan nie. Die NSSU het ons die afgelope twee jaar hoofbrekens besorg met hul onbeplande uitgawes waarvoor nie begroot is nie.

“Die Balspele en atletiektoere was voorbeelde. Dit het veroorsaak dat ons oortree op die begrotings van ander departemente soos jeug- of kultuuraktiwiteite en hierdie besluit kom dus van die hoogste bestuursvlakke van die ministerie.”

Katamba is gevra of skoletoere ook belet sal word indien die ouers of korporatiewe maatskappye die koste op hulle neem.

“Ons sal nie regtig uitsonderings op 'n moratorium wil maak nie, maar indien mnr. Duiker dit kan motiveer en ons oortuig, sal ons dit oorweeg. Ons kan oor die be­skikbaarstelling van busvervoer onderhandel, maar daar is nie geld vir ander uitgawes nie.”

Ter afsluiting het Katamba gevra of die koerant 'n berig vandag hieroor beplan en het die skrywer toe aangemoedig om liewer vir die uitreiking van die ministerie se amptelike verklaring te wag.



DRINGENDHEID

Duiker sê: “Jy weet ek sal nooit iets negatief oor die regering sê nie, maar die ministerie is bewus van ons jaarkalender en hierdie is vertragingstaktiek, dat ek nou nog nie die brief ontvang het nie.”

Volgens Duiker kry die NSSU reeds sedert April nie geld van die regering nie, afgesien van die betaling van salarisse.

“Al ons toere se koste word deur ouers en goedgunstige korporatiewe borge gedra.”

Vier NSSU-hokkiespanne (seuns en meisies onder 16 en o.18) wat môre na die Paarl vertrek, is die eerste van die nasionale skolesportspanne wat bestem is om in die volgende weke na die suidelike buurland te toer.

Die o.14-hokkiespanne (seuns en meisies) wat Maandag na Bloemfontein vertrek, is kort op hul hakke.

Die NSSU se netbaltoer na Boksburg is vir die ouderdomsgroepe o.12, o.13, o.14, o.15 en o.17.

Rugby se o.13 Cravenweek, tesame met die o.16 Grant Khomo-week, skop beide op 24 Junie in Witrivier af en Namibiese spanne is ook reeds hiervoor gekies, net soos vir die o.18 Akademieweek wat 'n week later in Bloemfontein begin.

“Vir die rugby was ons bewus dat ons nie van die regering busse sou kry nie en het dus reeds private busse vir die vervoer gereël. Die Suid-Afrikaanse rugby-unie betaal die meeste van die akkommodasie, afgesien van N$13 000 vir ons rekening vir ekstra nagte,” sê Duiker.

Teen gister het Duiker steeds skenkings van goedgunstige borge ontvang wat bereid is om in te staan sodat die skoletoere onverstoord kan voortgaan.
- [email protected]

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

10 ure gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

12 ure gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

22 ure gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

22 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

22 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

22 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...