Staat gepak oor lugbesoedeling
Staat gepak oor lugbesoedeling

Staat gepak oor lugbesoedeling

Elise Tempelhoff – Twee nieregeringsorganisasies (NRO’s) wat hulle vir omgewingsgeregtigheid beywer, het met regstappe teen die departement van omgewingsake begin om die besoedelde lug op die Hoëveld in Mpumalanga en ’n deel van Gauteng “op te ruim”.

Bobby Peek, direkteur van groundWork, het Maandag gesê dié NRO en Vukani Environmental Justice Movement Action neem die departement van omgewingsake hooggeregshof toe omdat hy versuim om Eskom en Sasol, die grootste lugbesoedelaars op die Mpumalanga-Hoëveld, te reguleer.

groundWork het Maandag getwiet: “Die dodelike lug op die Hoëveld is een van die grootste skendings van mense se grondwetlike reg op ’n omgewing wat hul gesondheid nie benadeel nie.

“Ons het ons vandag (gister) in ’n baanbrekersaak tot die hooggeregshof gewend.”

Die Sentrum vir Omgewingsregte, wat dié twee NRO’s in die saak verteenwoordig, het op sy beurt getwiet: “Die Hoëveld se lug is dodelik.”

Aangeheg by die hofstukke, wat Maandag aan die departement beteken is, is ’n afskrif van die uitslag van lug- en gesondheidstoetse wat dr. Andy Gray, ’n Amerikaanse kundige op die gebied van luggehalte, onlangs gedoen het. Hy het bevind Sasol en Eskom is die grootste lugbesoedelaars in die gebied.

Peek sê die departement het die Mpumalanga-Hoëveld en die Vaaldriehoek reeds in 2007 tot brandpunte wat betref lugbesoedeling verklaar en sedertdien het die situasie net vererger.

Mense kla al jare oor lugbesoedeling in dié gebiede en baie voorleggings daaroor is al aan die parlement gedoen. Niks het verander nie. Die besoedelde lug in die gebiede is ’n omgewingskrisis. Regstappe is die laaste uitweg, sê Peek.

12 Eskom-kragstasies, ’n olie-raffinadery wat deur Natref, ’n filiaal van Sasol, bedryf word, asook ’n steenkool-tot-olie-aanleg is geleë in die Mpumalanga-Hoëveld en die Vaaldriehoek.

Luidens die verklaring het Marthinus van Schalkwyk, destydse minister van omgewingsake, al 12 jaar gelede erken Mpumalanga is ’n besoedelingsbrandpunt. Van Schalkwyk het destyds ook erken dat die “uiters swak luggehalte” mense se gesondheid benadeel.

Byna vyf jaar later het oudmin. Edna Molewa ’n luggehaltebestuursplan gepubliseer. Dit was daarop gemik om die lug op die Mpumalanga-Hoëveld en in die Vaaldriehoek “op te ruim”. Sedertdien het niks gebeur nie, sê die NRO’s.

Vroeër vanjaar het Nomvula Mokonyane, voormalige minister van omgewingsake, in antwoord op vrae deur die NRO’s gesê dit is nie nodig om wetgewing in te stel om die lugbesoedeling te bekamp nie omdat die feit dat die gebied tot ’n brandpunt verklaar is “een van die baie instrumente is” om die probleem op te los.

Gray sê in die aanhangsel tot die hofstukke tussen 305 en 650 inwoners van die Vaaldriehoek en Mpumalanga sterf jaarliks weens die lugbesoedeling wat deur 14 fasiliteite veroorsaak word.

Die omgewingsorganisasies vra die hof om te verklaar dat die lugbesoedelingsvlakke in Mpumalanga en die Vaaldriehoek mense se grondwetlike reg op ’n skoon en gesonde omgewing skend.

Die minister van omgewingsake moet nou vroeg in Julie alle gegewens waarop sy haar beslissing gegrond het om nie wetgewing in te stel nie tot die NRO’s se beskikking stel. Sy moet ook die redes vir dié besluit gee.

As die respondente, die minister, die nasionale luggehalte­beampte, die president en die LUR’e vir omgewingsake in Gauteng en Mpumalanga besluit om die aansoek teen te staan, moet hulle hul opponerende dokumente vroeg in Julie indien.

’n Woordvoerder van die departement van omgewingsake sê hulle sal vandag op die regstappe reageer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%