Staal van Otavi binnekort ’n werklikheid

‘n Reusebelegging sal na verwagting aansienlike veranderinge vir ‘n Noordedorp meebring.
Augetto Graig
Die lank verwagte staalaanleg op Otavi het vandeesmaand ’n stap nader aan die werklikheid gekom toe Nedbank onderneem het om die N$2,7 miljard-projek te finansier.

Die bank het op 15 November aangekondig sy beleggingsafdeling het die vorige dag ’n ooreenkoms met Noric Otavi Steel Processing aangegaan.

Die stap het gekom nadat die Otavi- dorpsraad in April 2013 ’n openbare-private-vennootskap met nywerheidskenners en private besighede vir die projek aangegaan het. Teen September 2015 is die eerste lewensvatbaarheidstudie voltooi vir ’n fabriek wat 150 000 ton staal per jaar sou lewer. In November 2016 is ’n ooreenkoms met MK International (Suid-Korea) onderteken vir ’n 380 000 ton per jaar-aanleg, maar is dit in September 2017 beëindig.

Die plan vir die aanleg is in November 2017 omskep en in Januarie 2018 is ’n nuwe ooreenkoms met die Europese belegger aangegaan. Die aandeelhouersooreenkoms is in Mei gefinaliseer en in Junie is Noric Otavi gevestig.

Nedbank se uitvoerende hoof van korporatiewe en beleggingsdienste, mnr. Karl Stefan Altmann, het by die ondertekeningsgeleentheid gesê: “Dit is noemenswaardig dat die vrugte van hierdie projek meer as net die 4 000 inwoners van Otavi gaan bereik. Die voordele daarvan strek veel wyer, selfs oor ons grense, na buurlande soos Angola, Zambië, Zimbabwe en Botswana.”

Noric Otavi bestaan uit die Namibiese maatskappy Otavi Rebar Manufacturing (49%) en die Switserse maatskappy NORIC Swiss GmbH (51%). Die buitelanders is verantwoordelik vir die ingenieurswerk, verkryging en bou van die aanleg, asook die bestuur daarvan. Hulle is ook verantwoordelikheid vir die beplanning, ontwerp, verskaffing van tegnologie, asook bouwerk en werksaamhede by die aanleg.

“Namibiese subkontrakteurs sal aangestel word vir al die bouwerk wat plaaslik gedoen word,” sê die projekkonsultant, mnr. Adriaan Grobler, direkteur van Lithon Project Consultants. Hy is ook ’n direkteur van Noric Otavi.

Die projek behels die ontwikkeling van ’n mini-staalmeule wat tot 300 000 ton staal per jaar uit herwinde skroot as hoofbestanddeel vir die boubedryf kan vervaardig. Dit behels die ontvang en sortering van skroot, die smelt daarvan in ’n elektriese boogoond en die voer daarvan na ’n walser wat die verskillende staalprodukte sal produseer.

Die interne opbrengskoers (IRR) word teen 55 % geskat terwyl die netto huidige waarde (NPV) op N$9,49 miljard bereken word, met ’n terugbetalingstydperk van agt jaar. Aanvanklike kapitaalbesteding is N$2,725 miljard. Teen die tweede jaar sal bedryfsuitgawes sowat N$2,6 miljard wees.

Finansiering vir die projek sal na verwagting teen Maart 2019 gereed wees, met die sooispitseremonie wat vir April beplan word. Die bouwerk behoort 24 maande te duur en alle werke sal waarskynlik teen 2020 voltooi wees.

Die aanleg sal na verwagting tot 70MW elektriese krag van NamPower trek, met sonkrag wat daarby gevoeg sal word. Studies dui aan daar is genoeg ondergrondse water op die eiendom beskikbaar, terwyl die vervoer van die staalprodukte deur ’n nuwe spoorlyn en ’n nuwe toegangspad na die B1 voorsien sal word.

Volgens Otavi se burgemeester, me. Martha Shipanga, sal die ontwikkeling ’n groot impak op inwoners maak. Sy sê 350 voltydse werksgeleenthede sal na verwagting geskep word, en die uiteindelike verwagte inkomste van N$2 miljard per jaar sal ontwikkeling en ekonomiese aktiwiteite op die dorp aanmoedig.

Volgens haar het die dorpsraad reeds 77 hektaar grond vir die projek beskikbaar gestel.

Na verwagting sal Otavi se inwonersgetal oor die volgende twee jaar verdubbel en teen die tyd dat konstruksie voltooi is, sal bykomende industriële erwe vir ondersteunende nywerhede langs die aanleg beskikbaar wees.

Die dorp beplan ook 1 500 nuwe woonerwe.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!