Staak volksmoord se onderhandelinge
Staak volksmoord se onderhandelinge

Staak volksmoord se onderhandelinge

Meen huidige benadering werk nie
Gerine Hoff
Catherine Sasman - Die voormalige Swapo-parlementslid en vuurvreterpolitikus, mnr. Kazenambo Kazenambo, het gesê die volksmoord-onderhandelings tussen die Namibiese en Duitse regering in “sy huidige vorm” moet “tydelik” gestaak word sodat tussen staats- en nie-regeringspartye ooreengekom kan word wat die beste benadering is.

Die Ovaherero- en Nama-groep is ontstoke dat hulle uitgesluit is, aangesien die Namibiese regering daarop aandring dat gesprekke tot bilaterale onderhandelings tussen die twee regerings beperk moet word.

“Met die huidige benadering blyk dit asof ons nêrens gaan kom ten opsigte van ’n oplossing vir die kwessie nie,” het Kazenambo gesê, wat ’n afstammeling van die slagoffers van die 1904-’08-volksmoord is.

“Die afstammelinge van die ­Nama- en Ovaherero-slagoffers is nie vlieë of historiese artefakte wat nagevors moet word deur ’n span navorsers wat deur die regering aangestel is nie.

“Ons is mense wat daartoe in staat is om oor ons tragiese geskiedenis te praat. Ons is burgers van die wêreld met fundamentele menseregte soos in die Namibiese grondwet en in die Verenigde Nasies se konvensie oor volksmoord en ander ­internasionale regsbeginsels en norme vervat is.”

Hy het gesê nie net die slagoffers se afstammelinge het die reg tot voorvaderlike grond wat hulle in die ­koloniale en apartheid regimes verloor het nie, maar ook die reg om hulle in die volksmoord-onderhandelinge te verteenwoordig.

Kazenambo het voorgestel dat ’n beter benadering sou wees as die Namibiese regering die volksmoord-kwessie na die parlement verwys, sodat tersaaklike bilaterale komitees openbare gesprekke kan hou met die afstammelinge van diegene wat deur die volksmoord geraak is sodat ’n gemeenskaplike standpunt ingeneem kan word.

Die uitvoerende liggaam van die Namibiese regering kan dan die bevindinge van dié verhore aan die Duitse regering stuur.

Kazenambo het gesê die Nama- en Ovaherero-volksmoord, soos soveel ander gevalle van volksmoord in die wêreldwye politieke arena, is nie die eksklusiewe domein van “staats­akteurs” soos die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking eis nie.

Hy meen die Nama en Ovaherero, wat in wese die “kern van beseerde partye” is, mag nie bloot op tegniese subkomitees gekoöpteer word nie, maar moet die belangrikste rolspelers in die volksmoord-onderhandelinge wees.

Die ministerie het in ’n onlangse mediavrystelling gesê “sommige geraakte gemeenskappe het geweier om by die regering se onderhandelingspogings aan te sluit aangesien hulle direk met die Duitse regering wil onderhandel”.

Die verklaring lui voorts: “Dit kelder die legitimiteit van die ­regering en is strydig met die ­beginsel van die internasionale reg waar slegs staatspartye die jurisdiksie het om met ander lande te onderhandel.”

Kazenambo stem glad nie saam hiermee nie en sê die mediaverklaring se skrywer verdraai en verwring die feite doelbewus.

Eintlik, sê hy, demonstreer gevallestudies van ander volksmoord-onderhandelinge dat nie-regeringspartye soos die slagoffers van die Joods slagting deur die Joodse Wêreldfederasie (’n nie-staatsparty) saam met die Israelse regering (’n staatsparty) verteenwoordig is.

“Staatspartye is nie die enigste onderhandelaars oor volksmoordkwessies nie, aangesien die ­gemeenskappe wat ­daardeur geraak word, gelyke en aktiewe aandeelhouers van die ­onderhandelingsproses is,” het ­Kazenambo gesê.

WIE IS EINTLIK IN BEHEER?

Kazenambo sê die teenstrydige boodskappe ten opsigte van die volksmoord-onderhandelinge kom van die Namibiese regering.

Aan die een kant, terwyl adjunkpresident dr. Nickey Iyambo aangekondig het die onderhandelinge sou begin, was ’n regeringspan gereed om die volgende dag na Duitsland vir volle onderhandelings te vertrek.

Dit het gevolg na ’n mediavrystelling deur die Namibiese gesant, dr. Zed Ngavirua, wat gesê het die Namibiese regering het reeds ’n dokument ­ingedien wat die weg oor die volksmoord-onderhandelinge vorentoe kan baan.

Ngavirue het nie die inhoud van die dokument openbaar gemaak nie, maar net gesê dat hy dit eers aan pres. Hage Geingob moet voorlê.

Die ministerie se mediavrystelling het daarna gevolg.

Dit het Kazenambo die vraag laat vra: “Nou wat is wat en wie is regtig in beheer van hierdie onderhandelings? Is dit dr. Iyambo, dr. Ngavirua, of een of ander naamlose spook-­beamptes van die ministerie?”

Kazenambo wil weet of die ­geraakte gemeenskappe wat vervat is in die dokumente wat na Duitsland gestuur is, en waarom die ­Namibiese regering nog nie met die betrokke ­gemeenskappe gepraat het nie.

Hy wil weet wie het Namibië se posisie ­geformuleer en watter gemeenskappe is geraadpleeg is om dié posisie in te neem. (Sien ook berig op bl. 5)

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%