St. Paul's begin 2017 met lig en hoop
Die graad 8-leerlinge van St. Paul's College in Windhoek het gister hul hoërskoolloopbaan met 'n kersaansteek-seremonie in die skool se kapel begin. Die seremonie vind elke jaar plaas en is simbolies van die graad 8's se oorgang na hul nuwe lewensfase. Die groentjies se kerse word deur graad 12-leerlinge aangesteek om hulle op dié manier te verwelkom. Dis ook om hulle te inspireer om nie net hul lig in die wêreld te laat skyn nie, maar ook die Lig te volg - dít in ooreenstemming met die skool se Christelike beleid. Ná al die graad 8-leerlinge se kerse aangesteek is, het die nuwe graad 8's en graad 1'e duiwe op die skool se sportveld losgelaat.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie