St Boniface se wenresep

St Boniface's Catholic College se Klas van 2018 is opnuut vanjaar die uitblinkers in die NSSCO-eksamen.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer

en Elizabeth Joseph



Die St Boniface's Catholic College naby Rundu het vir die soveelste jaar skoonskip gemaak in die nasionale senior sertifikaat-eksamen op die gewone vlak (NSSCO) en nie minder nie as agt van die toptienkandidate opgelewer.

Die skool het ook sy nommer 1-posisie as die beste private skool in hierdie eksamen behou, terwyl die Rukonga Vision School, ook in Kavango-Oos, weer eens die beste staatskool is.

Me. Mary Phillis Yesdasan, wat sedert 2001 die skoolhoof van St Boniface is, het gister trots tussen haar spannetjie leerlinge in die voorste ry in die ouditorium by die Namibië Kollege vir Afstandonderrig (Namcol) in Katutura gewag dat die nuuskonferensie begin waartydens die uitslae bekend gemaak is.

Hoe kry sy en die onderwysers by hierdie Katolieke skool dit reg? “Dit is baie eenvoudig,” sê Yesdasan. “Harde werk en dissipline, tesame met erkenning en aanmoediging is hoe ons dit regkry.”

Sy sê in die tweede semester word baie ekstra ure ingesit om die graad 12's vir die eindeksamen voor te berei.

“Ons het ekstra klasse vir die leerlinge op Saterdae, Sondae en selfs vakansiedae.”

Yesdasan sê daar is ook sterk mededinging tussen die onderwysers en elkeen probeer seker maak in sy of haar vak word daar die beste presteer.

Die topleerling in die NSSCO-eksamen is Feliciter Rushubiza, wat sê dit is belangrik om op God te vertrou en in jouself te glo. “Moet nooit moed verloor as dinge moeilik raak nie. Gebruik elke moontlik hulpbron tot jou beskikking.”

Sy gaan haar as 'n bourekenaar bekwaam. Haar boodskap aan vanjaar se graad 12's is om in hulself te glo, hard te leer en 'n mikpunt te stel.

Remigius Manuwere, wat ingenieurswese gaan studeer, was tweede in die land. “Ek probeer myself altyd verkeerd bewys en maak seker ek druk myself om my volle potensiaal te bereik.”

Sy raad aan jonger leerlinge is om posistief te bly en 'n plek te hê waar hulle alleen kan wees en bid. “My familie inspireer my.”

Hul klasmaat Ndeiwede Ndaamekele is derde.

“Ek glo eerstens net God kan jou deurdra. Moenie ophou glo nie. Soos Jack Cranfield gesê het: 'Moenie oor jou mislukkings bekommerd wees nie; fokus op geleent­hede wat jy kan mis'.” Hy gaan vanjaar “die mure afbreek wat hy om homself gebou het”, sê hy oor sy toekoms­planne.

Alexander Mbareke (vierde) glo in goeie tydsbestuur en is dankbaar vir die ondersteuning van sy onderwysers en familie.

Vanjaar gaan hy fokus op persoonlike groei deur nuwe mense te ontmoet. Hy moedig vanjaar se graad 12's aan om fokus te behou.

Die kandidaat in die vyfde plek, Chika Sinvula, glo in die ADC – absolute toewyding en verbintenis (“absolute dedication and commitment”). Hy gaan sy droom najaag en 'n ingenieur word, en wil ook graag persoonlike groei en ontwikkeling beleef. “'n Mens moenie in 'n gemaksone verval nie, maar jou grense versit.”

Sherraine Mahiya (sesde) gaan in die buiteland aptekerswese studeer. Sy glo dit help om 'n mentor te hê en moedig jongeres aan om hard te werk.

Nommer 7, Appolos Kaiyamo, wou nog altyd 'n dokter word en gaan vanjaar dié droom aanpak. Hy glo God is die sleutel tot sukses en moedig ander aan om aan God gehoorsaam te wees en bereid te wees om opofferings te maak.

Jelson Quinga van die Sekondêre Skool Jacob Marengo in die Khomasstreek is agtste in die land. Hy glo 'n mens moenie jouself en ander mense onderskat nie, en bereid wees om hulp van ander te aanvaar. Hy wil in die toekoms aan 'n universiteit studeer. “Luiheid is die grootste vyand, maar tog moet 'n mens soms 'n blaaskans vat.”

Die enigste ander topkandidaat uit 'n ander skool is Elwina Vries (negende) van die Sekondêre Skool Paresis op Otjiwarongo.

Tydsbestuur en om nie uit te stel nie, is haar resep vir sukses.

Elwina wil 'n dokter word en moedig ander aan om bereikbare mikpunte te stel, voortdurend hard te werk en met die regte mense te meng.

Ranolda Mpareke, ook van St. Boniface, is tiende in die land. Sy gaan vanjaar laboratoriumwetenskap aan die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie studeer. “Ek glo dit is belangrik om jouself genoeg tyd te gun om te rus en studiegroepe saam met ander leerlinge te vorm.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!