SSC skenk suurstofmasjien

N$2,8 miljoen suurstofopwekker vir Windhoek Sentraal

08 July 2021 | Gesondheid
Augetto Graig – Die Maatskaplike Voor­sorgkommissie (SSC) het 'n suurstofkonsentreerder ter waarde van N$2,8 miljoen aan die regering geskenk.

Die minister van gesond­heid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, en die ­uitvoerende ­direkteur, mnr. Ben Nan­gombe, het die suurstof­konsentreerder wat 370 liter suurstof per minuut lewer, Donderdag in ontvangs geneem.

Kommissaris ­Kyllikki Sihlahla het namens die SSC die oorhandiging by die Windhoek Sentrale Hospitaal behartig. African Gas ­Solutions het die masjien binne 'n vraghouer by die hospitaal ingerig.

Volgens Sihlahla is die skenking gedoen in reaksie op die kritieke tekort aan mediese suurstof te midde van die derde Covid-19-golf in Namibië.

Sy sê selfs nadat hierdie erge uitbreking onder beheer gebring word, kan die masjien steeds jare daarna mense se lewens red indien dit goed onderhou word.

Mnr. Loïc Bathfield van African Gas Solutions sê sy maatskappy het aangebied om vir die eerste jaar die ­onderhoud op die masjien te doen, as hul bydrae tot die nasionale stryd teen die pandemie.

Die ­maatskappy bestaan al ses jaar en het reeds soortgelyke ­masjiene by 12 privaat hospitale landswyd ingerig, sê hy.

Shangula sê die derde golf, wat drie weke gelede begin het, is verwoestend in terme van die aantal infeksies en sterftes.

By talle hospitale is die druk en aanvraag vir suurstof kritiek, sê hy.



GASSILINDERS

Shangula sê die vroeëre skenking van 21 ton suurstof van die ­Namibiese Kamer van Koophandel (NCCI) word in die grootmaat-suurstoftenk by die Katutura-hospitaal gestoor en is ook in gassilinders landswyd versprei.

“Verskaffers worstel om in die aanvraag te voldoen. Ek aanvaar hierdie ruim aanbod,” het hy gesê.

Hy sê die masjien is aan die Covid-ICU-­eenheid en die hoësorg­afdeling gekoppel.

“Die nuwe masjien werk goed, die drukvlakke is reg en die suiwerheid is goed,” sê die minister oor die suurstofkonsentreerder.

Die waarne­mende mediese superintendent van die Windhoek ­Sentrale Hospitaal, dr. Farid Zam, het namens die hospitaal se personeel gesê hulle vier elke pasiënt wat ontslaan word en huis toe kan gaan. “Hierdie virus teiken die respiratoriese stelsel wat suurstof aan die liggaam verskaf. Slagoffers versmoor letterlik en vele sterf 'n afgryslike dood.

“Die aantal pasiënte neem steeds toe en ons gewone sale word in ­Covid-sale omskep.

“Die behandeling moet hand aan hand met die ver­skaffing van suurstof geskied en die skenking kom dus op die regte tyd ,” sê hy.– [email protected]

Soortgelyk

 

Vier sterftes, 25 nuwe gevalle

9 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met vier (een tuissterfte) tot 3 538. Gister is 25 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 2,2%. Dit sluit drie leerlinge,...

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

13 ure gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

14 ure gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

14 ure gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

15 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Tweede lugmagongeluk binne enkele weke

1 dag gelede | Ongelukke

Tunohole Mungoba en Ellanie Smit‘n F-7 vegvliegtuig van die Namibiese lugmag het vroeër vandag by die Ondangwa-lughawe neergestort.Die weermag het joernaliste wat kort na die...

Creativity and mental health: Where do we overstep

1 dag gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

1 dag gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

1 dag gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...