SSC doen steeds sy woord gestand - Mungunda
SSC doen steeds sy woord gestand - Mungunda

SSC doen steeds sy woord gestand - Mungunda

Dit is die finale kontrak wat tel
Catherine Sasman
Catherine Sasman

Die uitvoerende hoof van die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC), me. Milka Mungunda, het vroeër hierdie week gerugte ontken dat daar iets duister is oor die beleggingsooreenkoms met Multi-Wealth Management (Pty) Ltd.

’n Vroeëre berig wat op 5 Augustus inNew Era (“Questions raised over SSC multi-million tender award”) verskyn het, het vrae laat ontstaan oor die feit dat Multi-Wealth Management wat deur mnre. Manfred Zamuee en Bryan Hoveka besit word, ’n tender ontvang het al was dit nie eens gekortlys nie.

Wenkbroue het verder gelig oor die feit dat die huidige voorsitter van die SSC se raad, mnr. Johannes !Gawaxab, toesig gehou het oor die tendertoekenning aan Zamuee en Hoveka wat albei voormalige werknemers van Ou Mutual Namibia is. !Gawaxab is die voormalige hoof uitvoerende beampte van Old Mutual Africa.

Ander vrae wat ontstaan het, is waarom die maatskappy toegelaat is om ’n jaarlikse konsultasietarief te vra gegrond op die SSC se multimiljoen dollar se bates, benewens sy basiese jaarlikse konsultasietarief, en waarom dié maatskappy wat as ’n langtermyn-versekeringsmakelaar geregistreer is, beleggingsadvies aan die semi-staatsinstelling kan voorsien.

Mungunda vermoed dieNuwe Era-berig is gegrond op een van die aanvanklike kontrakte wat tussen die SSC en Multi-Wealth Management aangegaan is vóór sy as nuwe uitvoerende hoof van die semi-staatsinstelling aangestel is.

Die dokument, wat voor Junie opgestel moes gewees het aangesien dit stipuleer dit sou op 2 Junie in werking tree, is sedertdien met ’n nuwe kontrak en nuwe voorwaardes vervang wat op 11 Julie tussen die partye onderteken is, ’n paar dae ná Mungunda by die SSC aangesluit het.

Mungunda het gesê volgens die ondertekende en finale ooreenkoms, is Multi-Wealth Management onder die 19 dienste wat in die ooreenkoms aangeteken is, verantwoordelik vir die verskaffing van beleggingsadvies, om bystand met risikobestuur te lewer, beleggings te monitor en om raad oor nie-diskresionêre dienste te gee.

Sy het verduidelik dat nie-diskresionêre dienste verwys na dienste wat “mettertyd opduik” en wat tans nie spesifiek in die ooreenkoms ingesluit is nie.

Sy het gesê ’n interne bestuurskomitee het maatskappye formeel gekortlys wat aansoek gedoen het om beleggings-konsultasiedienste aan die SSC te voorsien en wat daarna voorstelle aan die raad gemaak het.

Hierdie keer, onder die voorsitter­skap van !Gawaxab, het die SSC se raad besluit om ’n subkomitee aan te stel wat diensverskaffers gekortlys en voorgestel het.

Mungunda het benadruk dat Multi-­Wealth Management nie getender het om die SSC by te staan in die vestiging van die voorgestelde Nasionale Pensioen­fonds nie, iets waarvoor die semi-staatsinstelling met sy ontstaan in die vroeë 1990’s aangestel is om te doen.

Daar is nou nuwe drang en haas om dié pensioenplan te vestig wat as medium moet dien om bystand te lewer aan diegene wat tans van pensioenplanne uitgesluit is, aangesien dit een van die prioriteite van die Harambee-­welvaartplan is.

Mungunda het die hoop uitgespreek dat dit teen die middel van volgende jaar in werking sal wees. Om die bal aan die rol te kry, sou ’n span van vyf deskundiges Woensdag kontrakte met die SSC onderteken het.

NUWE KONTRAK

Hoewel Mungunda nie wou uitpraat oor die nuwe voorwaardes van die finale kontrak met Multi-Wealth Management nie, het sy ontken die maatskappy niks meer as ’n vasgestelde jaarlikse konsultasietarief betaal sou word nie.

“Ek kan jou verseker dit is nie meer as N$500 000 (per jaar) nie en as hulle iets bykomend moet doen, sal ons byeenkom en ’n reëling tref,” het Mungunda gesê.

Volgens die eerste kontrak is Multi-Wealth Management ’n basiese jaarlikse tarief van N$500 000 betaal, asook ’n verdere raadgewende tarief wat teen ’n jaarlikse koers van 0,55 % van die markwaarde van die SSC se bates aan die einde van elke maand bereken is.

Mungunda het voorts gesê deur middel van die uitkontraktering van beleggingskonsultasiedienste, kom die SSC nog steeds een van hul hooffunksies na, naamlik om bydraes van kliënte – wat elke werknemer en werkgewer in die land insluit – te neem en te belê.

“Daar was nog nooit die nodige kennis hier (in die SSC) nie; dit is nog altyd uitgekontrakteer,” het Mungunda gesê. Sy het bygevoeg die semi-staatsinstelling is nou in die proses om ’n beleggingsbestuurspan aan te stel om te help met van die beleggings wat die SSC self kan hanteer.

‘ONS IS GEVRA OM TE HELP’

Mungunda het gesê die SSC het ingestem om meer as N$11 miljoen te skenk vir die opleiding van die sogenaamde “strydkinders” ná hulle deur die kabinet se tegniese komitee versoek is, wat daarmee getaak is om maniere te vind om hulle te help.

“Toe hulle (die kabinet se tegniese komitee) die versoek aan ons gerig het, het ons gekyk na wat die vereistes is,” het Mungunda gesê. Sy het daarop gewys dit is ’n eenmalige betaling vir die tydperk van ses maande en waarin die strydkinders opleiding moet ontvang.

“Dit (die versoek) het deur alle besluitnemingskanale gegaan,” het Mungunda benadruk.

Sy het gesê die SSC het daarop aangedring die skenking in ’n bankrekening geplaas word waarvoor die rekening “OPM – Children of the Liberation Struggle” op 7 September by die SME Bank geopen is.

Mungunda het gesê die SSC vereis gereelde bankstate en vorderingsverslae om op die hoogte te bly van hoe die geld bestee word.

Van die meer as N$11 miljoen wat die SSC aan die sogenaamde strydkinders “geskenk” het, sê Mungunda die tegniese komitee het versoeke aan alle instansies gerig om hulp te verleen waartoe die SSC ingestem het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!