Sprokie oor die verlies van u2019n ma
Sprokie oor die verlies van u2019n ma

Sprokie oor die verlies van ’n ma

Lloyd Zandberg
Riana Scheepers se nuwe roman, ‘Stormkind’, is ’n reëlbrekende vervlegting van droom en werklikheid, stukkies ‘Stories van Rivierplaas’ en flardes donker sprokies, skryf Jean Meiring.

Jean Meiring - Ná jare se swyg kletter en rammel en ruis Riana Scheepers se stem skielik weer ’n woordryke storm los. Met die sprokiesroman Stormkind strek sy haarself soos ’n wafferse Rip van Winkel op ’n digte suringbed op ’n Bolandse wynplaas wakker – om ’n dikwels onpeilbare storie uit onsigbare slierte rooi te spin. StormJana is maar drie as haar ma, Deidre O’Donnell, die Van Deventer-opstal op Stormkloof tydelik vir haar Ierse tuisland, en die plek van die rawe, verwissel om haar eie ma vaarwel toe te roep. Misterieus verdwyn sy, fluit en al.

Jana, ’n dogtertjie met “fyn sproetjies” en ’n “verskriklike bos rooi hare”, is toe eweneens moederloos. Tussen die keiappels, disselsade en koesnaatjies op die plaas word sy KleinStorm en OuStorm en Ouma Lien se “wilde kastaiing van ’n dogter”, “ ’n nagloopkind” wat haar woordelose verlies probeer besweer deur haar aan die koestering van die elemente oor te gee.

Die verhaal wat só deur die oë van ’n alsiende verteller ontplooi, is ’n verwikkelde vervlegting van droom en werklikheid, stukkies Stories van Rivierplaas en flardes donker sprokies.

Opmerklik skryf Scheepers in op Fransi Phillips se heelwat gewelddadiger Die wilde kind (1987), waar die titelkarakter ook die verlies van haar ma, ’n Italiaanse operasangeres, in die Afrika-oopte deur ’n vuurstorm besweer.

Ook is daar talle interessante eggo’s van temas in Scheepers se eie oeuvre: die ontluiking van die vroulike identiteit en seksualiteit, die wisselwerking tussen Europa en Afrika. Blaai ’n mens byvoorbeeld deur Scheepers se kortverhaalbundel Feeks (1999), is daar onmiddellik visuele en emotiewe raakpunte tussen Stormkind en die verhale “Heks” en “ ’n Wilde kind, koponderstebo”.

Maar Stormkind staan – heel uitdagend – op haar eie spits voete.

Die sentrale vertellyn ontknoop in die hede. Dis die verhaal van StormJana en haar geliefdes, maar veral haar ouma Lien, met wie sy ’n hegte band vorm.

En dan is daar ’n skare karakters wat heen en weer die grens tussen droom en werklikheid oorsteek. Dis Raka, die rooi rifrug, Tarsis, die plaas se skimperd wat die lap shiraz bewaak, en natuurlik “die klein bruin meisietjie” met die “plankielyf” en ’n string wit kraletjies om haar nek, !X’uri.

Ná die meesterlike openingstormtoneel waar Scheepers haar kragte simfonies inspan om onder meer ’n eeue oue olienhout te vel – sif ’n vreemde stilte oor die plaas neer.

As Jana haar spore van die vorige nag terug boomwaarts volg, kom sy die sogenaamde Boesmandogtertjie vir die eerste keer teë.

Dan gebéur dit.

“Ek is !X’uri. Dit is my boom wat hier geval het.”

“Myne ook,” sê Jana, “ek sit snags onder hierdie boom.”

Só verwoord Scheepers subtiel dog dringend een van die boek se sentrale temas.

Gaandeweg word Jana se lewe al hoe meer met dié van !X’uri vervleg totdat sy uiteindelik as ’n tipe boetedoening en eenwording ’n rare opoffering maak.

Die tweede verhaallyn, waarop die verteller deurentyd terugkaats, is die jongtyd van ouma Lien, wat in die Karoo grootword aan die sy van haar instaanma, Letjie Stamboom, eweneens ’n afstammeling van die Boesmans.

Duidelik blyk die jong Lien ’n argetipe te wees vir Jana, wat ouma Lien se ongeduld met haar kleindogter se perklose handel en wandel tegelykertyd met ironie en piëteit laai.

En derdens is daar flitsies Ierse groen, as Deidre se skraal verhaal vertel word.

Tog moet die leser hier nie ’n tradisionele roman verwag met ’n kromgespanne verhaallyn, netjies ontwikkelde intrige of karakterontwikkeling-deur-katarsis nie. Eerder is daar sprake van narratiewe karosvelle wat ruwerig aaneengewerk is of van die buitelyne van beelde teen ’n grotwand wat in die donker stadig sigbaar word.

Soos die verhaal ontknoop, het hierdie leser soos die prille Lien gevoel toe Letjie haar na ’n “geheime” plek neem: “Haar oë raak gewoond aan die donkerte van die oorhang. Hoe meer sy kyk, hoe meer tekeninge sien sy raak… ’n bidsprinkaan met mensbene en arms, strepies en kolletjies, alles in rooi en bruin en wit…”

En as die oë eers gewoond is aan die skemerte, aan die her en der oor die onoorsteekbare Groot Rivier, kwyn die versugting na die beskutting wat die tradisionele elemente van ’n roman bied – van ontknoping en ontbloting in die geykte sin.

Die wil weet oor hoe KleinStorm die verlies van sy jong vrou hanteer het, en die raaisel rondom die waarom van haar verdwyning, is binne die logika van die wêreld wat Scheepers rondom Jana, ouma Lien, Letjie en !X’uri skep, nie pertinent ter sake nie.

Die antwoorde lê elders en in ander tye opgesluit – in die verhale en sprokies wat die linie vrouekarakters oor en vir mekaar vertel. Dáárin lê watter heling daar ook al mag wees.

Onvermydelik lê Scheepers se gebruik van die volksverhale van die Boesman-mense, wat sy bepaald met sensitiwiteit doen, aan besinning bloot.

Wanneer, indien ooit, is toeëiening toelaatbaar en wanneer kom die gebruik van die kultuurgoedere van ’n stilgemaakte volk net op verdere verdelging neer? Ongetwyfeld sal ’n debat hieroor van stapel gaan.

En as daar inderdaad een wanklank in die boek is, is dit juis met die hantering van die Boesman-gegewe ineengeknoop: ’n Didaktiese toon slaan op enkele plekke deur, soos in die hoofstuk “Venster” midde-in die vertelling waar ’n geskiedenisles in die volgende wisseling uitloop.

KleinStorm vra: “Waaroor is my kind hartseer?”

Ouma Lien antwoord: “Oor die Boesmans. Ek het haar vanmiddag vertel van die Boesmans. Dit is nie ’n mooi storie nie, maar dis die waarheid.”

Tog, mindere gebreke ten spyt, is Stormkind ’n sonderlinge prestasie: ’n boek met skrynend mooi tonele, wat op die ou end al reëlbrekend tog verrassend goed saamhang en wat, in die geheel, moeilik is om te kategoriseer. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.07 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.24 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 304.95/OZ DOWN -0.0124 | Copper US$ 4.39/lb DOWN -0.0177 | Zinc US$ 2 786.00/T DOWN -1.69% | Brent Crude Oil US$ 86.39/BBP DOWN -0.009 | Platinum US$ 903.26/OZ DOWN -0.0192 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.07 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.24 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 304.95/OZ DOWN -0.0124 | Copper US$ 4.39/lb DOWN -0.0177 | Zinc US$ 2 786.00/T DOWN -1.69% | Brent Crude Oil US$ 86.39/BBP DOWN -0.009 | Platinum US$ 903.26/OZ DOWN -0.0192