Sprinkane nou in 11 streke

Sowat die helfte van 'n bestelling van 44 000 liter gifstof teen sprinkane het reeds in die land aangekom, terwyl die plaag al verder uitkring.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas- en Hardapstreek waar dié insekte nog nie voorkom nie.

In die noorde is dit die rooi treksprinkaan wat weiding en gewasse verorber en by Karasburg, Ariamsvlei en suid daarvan in die ||Kharasstreek kom die bruinsprinkaan voor, sê mnr. Percy Misika, uitvoerende direkteur van landbou, water en grondhervorming.

Hy sê al die landbouvoorligtingsbeamptes in die ministerie en 60 weermaglede het reeds opleiding in die toediening van gif ontvang en is ontplooi om met die bestryding te help.

“Ons het versoek dat die nasionale jeugdiens ook 60 mense beskikbaar stel.”

Misika sê die gif wat gebruik word, “is ongelukkig nie die veilige biologies afbreekbare gifstof” nie.

“Ons het 44 000 liter gif bestel, waarvan 10 000 liter in Februarie afgelewer is en nog 10 000 liter einde verlede week.”

Die vervaardigers van die biologiese plaagbeheermiddel wat nie vir die omgewing nadelig is nie en goedgekeur is vir lugtoediening, is nie bereid om aan Namibië voorraad te lewer tensy groot hoeveelhede bestel word nie, verduidelik Misika.



BESKERMENDE DRAG TE MIN

Hy sê die ministerie het met vervaardigers daarvan in Kenia en Marokko gepraat en hulle neem net bestellings groter as 'n sekere hoeveelheid van die middel.

“Ons het nou 'n vervaardiger in Suid-Afrika opgespoor wat die biologiese plaagbeheermiddel aan Botswana lewer en hoop om daar reg te kom,” sê Misika.

“Die gifstof wat tans gebruik word, moet met die hand of deur spuittoerusting agterop bakkies toegedien word.”

Die spanne wat dit doen, moet beskermende drag en spesiale maskers dra om hulle teen die inaseming van die giftige chemikalieë te beskerm.

“Dit mag nie naby waterbronne toegedien word nie en vee mag vir 14 dae ná toediening nie daardie dele bewei nie.

“Mense in die gebied moet ook maskers dra,” sê hy.

Volgens Misika is daar tans 'n tekort aan die beskermende drag en maskers wat as beskerming teen die chemiese gifstof dien.

Verder sê hy die ministerie beplan om boere van die nodige toerusting en beskermende drag te voorsien en hulle in die toediening van die gifstof op te lei. “Dit is meer volhoubaar as die boere self die sprinkane bestry, as dat spanne na plase gestuur word om dit te doen.”

Mnr. Calle Schlettwein, minister van landbou, water en grondhervorming, het vroeër in 'n verklaring gesê die ideaal is om vliegtuie te gebruik om die biologiese plaagbeheermiddel oor gebiede te spuit waar die sprinkane voorkom.

Dit is meer doeltreffend en nie nadelig vir die omgewing nie, het hy gesê.

Misika sê die verwagting is nie dat die sprinkane in die koue wintermaande die wyk sal neem nie.

[email protected]


FOTO's
Die gifstof wat nie die bestryding gebruik word, kan nie met vliegtuie uit die lug toegedien word nie. Foto's verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.40/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 867.80/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.82/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 931.41/OZ DOWN -0.0051 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.40/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 867.80/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.82/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 931.41/OZ DOWN -0.0051