Springmielieroomys
Daar’s niks fout met kortpad vat nie – jy moet hom net só vat dat jou gaste nie weet nie, maar altyd wonder!
Bestandele
80 g (250 ml) fyn klapper
2 liter vanieljeroomys
1 x 200 g-sakkie karamelspringmielies
100 g donkersjokolade, fyngekap
125 ml room
Metode
Voer ’n 20 x 10 cm-broodpan uit met kleefplastiek. Rooster klapper in warm pan oor hoë hitte tot goudbruin. Plaas roomys in elektriese menger se bak en klits tot sag, maar nie loperig nie. Voeg 2/3 van klapper en springmielies by. Meng deur. Gooi oorblywende 1 /3 van klapper onderin broodpan, gevolg deur roomysmengsel. Smeer gelyk en plaas in vrieskas vir 6 uur of oornag. Plaas sjokolade en room in glasbak en mikrogolf ’n paar sekondes tot gesmelt. Keer roomys uit op opdienbord en verwyder kleefplastiek. Gooi sjokoladesous oor en sit voor.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie