Springbok-sterre doen brandwonde op

08 June 2021 | Sport
Die Springbokke Damian de Allende en RG Snyman het die afgelope naweek “aansienlike brandwonde aan hul bene, hande en gesig” opgedoen.
Munster sê in ’n verklaring op sy webtuiste De Allende en Snyman het saam met hul spanmaats CJ Stander en Mike Haley behandeling ontvang nadat hulle in ’n “vuurput-ongeluk” was.
Die Ierse klubspan sê Haley en Stander, wat albei brandwonde aan hul hande opgedoen het, mag vandeesweek terugkeer na die oefenveld voordat bepaal sal word of hulle vir Vrydag se Reënboogbeker-wedstryd teen Zebre beskikbaar is.
Maar De Allende en Snyman, wat ernstiger brandwonde opgedoen het, sal nie vandeesweek met hul onderskeie oefen- en rehabilitasie-programme voortgaan nie.
Dié duo sal weer later in die week met ’n spesialis ontmoet. Snyman herstel reeds van ’n langtermyn-kniebesering.
Albei spelers is Saterdag in Jacques Nienaber se Bok-groep ingesluit vir die reeks teen die Britse en Ierse Leeus en sal hulle na verwagting by die Bokke aansluit ná afloop van hul klub-verpligtinge.
Munster se hoofafrigter, Johann van Graan, sê: “Ons is uiters verlig die ouens is almal piekfyn.
“Die spelers is almal behandel en daar word goed na hulle omgesien. Damian en RG sien weer later hierdie week ’n spesialis om die stappe te bepaal vir hul herstel.”
De Allende was in die beginspan in die Wêreldbekereindstryd teen Engeland in 2019 en Snyman het van die plaasvervangersbank af ’n impak gemaak.
Die Bokke het reeds begin voorberei vir die reeks teen die Britse Leeus en wag op hul oorsese spelers om hul klubverpligtinge af te handel.
– Netwerk24


FOTO
Damian de Allende (links) en RG Snyman in aksie teen die Engelse in die Wêreldbekereindstryd in 2019. Foto Getty Images

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 403 nuwe gevalle

29 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 27 - tien in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Tsumeb en Rehoboth en...

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

23 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...