Spring vinnig vir Bryan Adams in SA

Karin Eloff
Suid-Afrikaners en Namibiërs moet vinnig spring om Bryan Adams vroeg in Desember in lewende lywe te sien op sy Get Up World-toer.

Dié toer na 40 lande is ter bekendstelling van sy 13de ateljee-album, en in Suid-Afrika tree hy in Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad op.

Adams het vir dié album weer saamgewerk met die liedjieskrywer Jim Vallance wat vir hom treffers soos “Cuts Like a Knife”, “Somebody”, “Summer of 69”, “Heaven” en “Run To You” opgelewer het.

Adams is die afgelope drie dekades in die musiekbedryf bedrywig en het al meer as 65 miljoen albums verkoop. Sy liedjies was toptreffers in meer as 40 lande, waaronder een van die bekendstes “(Everything I Do) I Do It For You” was.

Afgesien van ’n Grammy het hy al 18 Juno-pryse en ’n American Music Award gewen. Hy is ook al vir drie Oscars en vyf Golden Globes benoem.

Sy optredes in Suid-Afrika is op 9 Desember in die Ticketpro Dome in Johannesburg, op 10 Desember in die Sun Arena in Pretoria, op 12 Desember in die Durbanse Internasionale Konferensiesentrum en op 14 Desember in die Grand Arena by die GrandWest-casino in Kaapstad. Bespreek by viagogo.co.za.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!