Sportbekende sterf op lughawepad

Ongelukke
Tanja Bause
Tanja Bause – 'n Bekende voormalige sportadministrateur, die 69-jarige mnr. Berndt Hoffmann, is Sondag om 19:30 in 'n ongeluk op die hoofpad tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako dood.

Volgens hoofinsp. Elifas Kuwinga, 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, het die ongeluk sowat sewe kilometer buite Windhoek plaasgevind. 'n Bakkie met net die bestuurder was vanaf Windhoek na die lughawe onderweg terwyl Hoffmann en 'n passasier in 'n bussie in die teenoorgestelde rigting op pad was, sê Kuwinga.

“Volgens waarnemings het die bestuurder van die bakkie beheer oor die voertuig verloor. Die bus het die linkerkant van die bakkie se buffer getref. Die bestuurder van die bussie is op slag dood terwyl sy passasier met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem is,” het Kuwinga gesê.

Die Namibiese Vlugbalfederasie het gister sy medelye aan die naasbestaandes en vriende van die Hoffmann-familie uitgespreek.

“Die Federasie is geëerd om hulde te bring aan die legendariese mnr. Berndt Hoffmann, wat 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die spel in Namibië gelewer het,” sê die NVF in sy verklaring.

“Mnr. Hoffmann was in vele opsigte merkwaardig en dit is onmoontlik om oor die ontwikkeling van vlugbal te praat sonder om sy naam te noem. Hy was 'n sentrale figuur in die landswye ontwikkeling van vlugbal sedert die vroeë 1990's.”

Hoffmann het die NVF oor jare in verskeie leierskapposisies gedien, insluitend visepresident en sameroeper van die nasionale keurkomitee.

“Hy het daarin geslaag om 'n nasionale skolekompetisie te reël en as gevolg daarvan het talle jongelinge by vlugbalklubs aangesluit. Hy het altyd 'n sterk belangstelling in die jeug gehad en 'n ferm boodskap teen alkohol- en dwelmgebruik en tienerswangerskappe oorgedra.

“Te danke aan sy toewyding het die NVF in 1994 en 1995 die status as kategorie B van die Namibiese Sportkommissie verkry. Hy het persoonlike opofferings gemaak om te verseker dat die toernooidirekteurs die reise na elke verafgeleë bestemming kon aflê.”

Volgens die NVF-verklaring het nog 'n sportadministrateur wat vandeesmaand gesterf het, mnr. Eliphas Aupapa Shipanga, gedurende 2014 vir Hoffmann benoem vir die lewenslange eretoekenning wat hy daardie jaar by die nasionale sporttoekennings van die Namibiese Sportkommissie verwerf het.

“As sakeman het hy tot so onlangs as 2019 vlugbaltoerusting aan die NVF geborg. Sy ongeëwenaarde passie vir vlugbal is gedemonstreer deur sy volgehoue bywoning van al die NVF se vername toernooie asook algemene jaarvergaderings, selfs in die jare nadat hy uit aktiewe betrokkenheid by die spel getree het.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.51/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.97% | Zinc US$ 2 887.40/T UP 2.88% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 901.36/OZ DOWN -0.0009 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.51/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.97% | Zinc US$ 2 887.40/T UP 2.88% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 901.36/OZ DOWN -0.0009