Sport kweek lewensvaardighede
Sport kweek lewensvaardighede

Sport kweek lewensvaardighede

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die uiteindelike doel van onderrig is om positiewe en produktiewe lede van die gemeenskap te lewer, en akademie alleen kan dit nie bewerkstellig nie.

Só sê die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Ester Anna Nghipondoka, wat Dinsdag ‘n gids vir onderwysers vir fisieke aktwiteite en sport by skole, PE4LIFE, bekend gestel het.



Die gids is die produk van ‘n onderneming tussen haar ministerie en die ministerie van sport, jeug en nasionale diens om toegewy tot die verbeterde implementering van geïntegreerde fisieke onderrig en skolesport te wees.

“Die ministerie is vas oortuig daarvan dat optimale onderriguitkomste afhanklik is van die holistiese ontwikkeling van ons leerlinge. Fisieke aktiwiteite is ‘n noodsaaklike deel van dié ontwikkeling,” het sy gesê.

Volgens haar bevorder dit fisieke, maatskaplike en emosionele gesondheid en hang doeltreffende deelname in skole van leerlinge se gesondheid af.

“Die voordele van fisieke onderrig en sport strek verder as die impak op fisieke welsyn, en die waarde van dié voordele moenie onderskat word nie,” het Nghipondoka gesê.

Die adjunkminister het gesê fisieke onderrig is ‘n noodsaaklike komponent van gehalte-onderrig.

“Dit bevorder nie net fisieke aktiwiteit nie, maar sulke programme help ook om akademiese prestasie onder sekere omstandighede te verbeter.”

Sy het voorts gesê die idee vir die gids het by die program vir sportontwikkeling binne die ministerie ontstaan, wat in 2015 in sommige streke van stapel gestuur is.

Nghipondoka het sport vir ontwikkeling omskryf as die opsetlike aanwending van sport en fisieke aktiwiteit om ‘n positiewe verandering in gemeenskappe te bewerkstellig.

“In die ontwikkelingsprogram vir sport gebruik ons dit as ‘n manier om leerlinge lewensvaardighede te leer. Dit word nie net in die klaskamer geleer nie, maar ook deur praktiese toepassing.”

In die lig hiervan sien die ministerie geïntegreerde fisieke onderrig nie net as weg tot ‘n gesonde nasie nie, maar ook as metode om leerlinge se lewensvaardighede te verbeter.

“Verdraagsaamheid is nie iets wat mense van wiskunde of wetenskap leer nie, maar dit kom van deelname saam met jou eweknieë op ‘n opbouende manier, en sport bied ons dié geleentheid.”

Die gids bevat eenvoudige lesplanne vir onderwysers wat leerlinge onder meer help om situasies in die werklike lewe te hanteer.

Dit doen voorts ‘n beroep op onderwysers om ‘n band met leerlinge te smee en ‘n kultuur van sorgsaamheid in skole te skep.

Die ontwikkeling van die gids is deur GIZ ondersteun, terwyl die nasionale instituut vir onderwysontwikkeling en die Universiteit van Namibië ook insette gelewer het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!