Sport het eindelik miljarde nodig – Agnes

Krummels val van tafel vir sport
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Me. Agnes Tjongarero, minister van sport, jeug en nasionale diens, is opnuut teleurgesteld in dié ministerie se karige begroting wat al vir etlike jare aan die agterste speen suig.
Verlede jaar moes dié driebenige ministerie met net N$288.3 miljoen sien en kom klaar. Vanjaar is N$18.6 miljoen meer uit die nasionale begroting bewillig om die 2020-begroting vir sport, jeug en nasionale diens tot N$306.9 miljoen te verhoog.
Die vraag is wie van die ministerie se drie administrasies die meeste gaan kry, of sal die 306.9 m. eweredig tussen hulle verdeel word? “Selfs toe die regering geld in die goeie jare gehad het, was sport reeds al die stiefkind van die nasionale begroting,” het Tjongarero aan die nuusagentskap Nampa gesê.
Volgens haar het die ministerie omtrent duisend keer geld (N$3 miljard) nodig om sy take doeltreffend te kan verrig.
“Weens die toestand van ons stadions, kan Namibië tans nie internasionale wedstryde aanbied nie. Ons het baie geld nodig om nuwe stadions te bou wat aan internasionale standaarde voldoen. Ofskoon die regering se geldsake in die verlede beter gelyk het, het sport steeds die minste ontvang. Ek het beslis nie hoë verwagting van die nuwe begroting gekoester nie.
“Dit is nie dat sport nie belangrik is nie, maar daar is ander kwessies wat meer dringend deur die regering aangespreek moet word. As iemand tussen kos en sport moet kies, sal die persoon kos kies. Dit is hoekom behuising, gesondheid, onderwys, verdediging en landbou altyd die grootste hap uit die nasionale begroting vat.
“Neem Kenia as ’n voorbeeld. Hulle het ’n groter bevolking as ons, maar plaas groter fokus op minder sportkodes. Ons sal nou moet gaan sit en ons kodes herprioritiseer om te sien hoe goed ons die begroting kan aanwend,” het Tjongarero gesê.
Mnr. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie, het aan Republikein gesê die Sportkommissie sal eers moontlik in die komende week meer besonderhede oor die toegekende begroting uitvind.
“Ek het gister (Donderdag) reeds navraag rakende ons begroting gedoen, maar nog geen antwoorde gekry nie. Ons wag in spanning om met die minister te ontmoet. Die probleem is dat die ministerie geweldig groot en lomp is.
“Ons het 52 sportkodes wat by die Sportkommissie geregistreer is. Daar is natuurlik sekere kodes wat ’n prioriteit is en voorkeur bo die ander sporte geniet. Ons kon gelukkig verlede jaar geld by die minister van finansies uit die ontwikkelingsfonds vir die Namibiese nasionale rugbyspan kry om aan die 2019 Wêreldbeker in Japan deel te neem.
“Sokker en die nasionale Brave Warriors-span is verreweg die grootste en duurste sport om te onderhou. Daar moet ook vir die Sportkommissie se oorhoofse uitgawes en die Namibiese Nasionale Skolesportunie (NNSU) uit dieselfde begroting gesorg word,” het Mwiya aan Republikein gesê.
Die N$306.9 miljoen kan moontlik deur salarisse en ander bedryfskoste by die drie departemente (sport, jeug en nasionale diens) opgeslurp word. Veel minder gaan dus vir die werklike doel oorbly, om sport en jeug te ontwikkel.
Inderdaad ’n donker prentjie en hartseer verhaal.
- Bygewerk van Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!