Spoorvragkoste laat brandstofpryse styg
Ronelle Rademeyer
Vir alle Namibiërs buiten Walvisbaaiers is die prystier terug in die tenk en styg brandstof se pryse Woensdag in die vroeë oggendure met tussen 10 en 20 sent per liter.
Die rede waarom die prys van petrol en diesel op Walvisbaai onveranderd bly, is dat die Nasionale Energiefonds die onderverhaling in die prys van brandstof in Julie gaan subsideer. Die prysverhoging binnelands en op Ondangwa is die gevolg van 'n opwaartse aanpassing in TransNamib se grootmaat-brandstofvervoerprys van 10 sent per liter wat op 4 Julie in werking tree. Dit is in 2015 laas verhoog.
Mnr. Tom Alweendo, minister van myne en energie, sê in 'n verklaring oliemaatskappye het in Junie meer betaal om brandstof in te voer as wat dit by die pomp gekos het. Dit het tot 'n aansienlike onderverhaling gelei.
Hy sê die ministerie neem egter die moeilike ekonomiese tye in ag, asook die feit dat die olieprys die hoeksteen van die globale ekonomie is en baie ander pryse beïnvloed.
Alweendo sê om hierdie rede gaan die onderverhaling uit die Nasionale Energiefonds gesubsideer word.
Die internasionale olieprys het in Junie bo US$85 per vat bly vassteek. Daarbenewens het die wisselkoers ook versleg.
Die prys van petrol op Ondangwa en ander naasliggende dorpe, styg met 20 sent per liter en diesel (alle grade) met 19 sent per liter.
Elders in die land sal beide petrol en diesel met 10 c per liter styg – die verhoging wat deur die duurder spoorvrag teweeggebring word.
Die rede waarom brandstof duurder kos op Ondangwa en die dorpe wat van daar af voorsien word, is dat die spoorvrag daarheen duurder is as na nadergeleë plekke in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie