Spoorlyn toegewaai, onbenut

Waaiende sandduine het die Aus-Lüderitz-spoorlyn in ’n ongebruikte wit olifant omskep.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die nuut-opgeknapte spoorlyn tussen Aus en Lüderitz wat verlede jaar teen ’n koste van sowat N$62 miljoen voltooi is, kon nog nie gebruik word nie omdat gedeeltes daarvan toegewaai het.

Hoë sandduine het in die omgewing van Grasplatz oor die spoorlyn gevorm. Intussen is die tender om ’n tonnel op te rig wat die sand weghou, weens begrotingstekorte op die lange baan geskuif. Dié tender het op 6 September verlede jaar gesluit.

Mnr. Hippy Tjivikua, waarmenende hoof uitvoerende beampte van TransNamib, het by navraag bevestig dat die ministerie nog nie die 112 km lange spoorlyn aan die nasionale spoormaatskappy oorhandig het nie.

“Ons het nog net toetsvragte daarlangs vervoer. Nou moet ons wag tot die tonnel gebou is voor ons dit sal kan gebruik,” het hy gesê.

Volgens die tenderuitslag het 18 kontrakteurs op uitnodiging van die ministerie van werke en vervoer tenders ingedien vir die bou van ’n beton-tonnel oor dié dele waar sandduine vorm.

Die tenderbedrae wissel tussen N$162 miljoen en N$5,16 miljard. Die gemiddelde bedrag waarvoor getender is, beloop sowat N$760 miljoen.

Mnr. Mike Rumsey, ingenieurskonsultant by K&A Partnership wat die tender namens die ministerie hanteer, sê vanweë die regering se besluit om weens ’n geldtekort alle tenders te vries, kon dit nie toegeken word nie.

“Die projek is nie laat vaar nie; dit is net uitgestel tot ons weet hoeveel geld daarvoor beskikbaar sal wees.”

Volgens hom is sinkstrukture vroeër jare gebruik om die sand te keer, maar dit het te veel geroes. Daarom is betontonnels die enigste uitweg.

Me. Ailly Angula-Paulino, woordvoerder van TransNamib, het verlede jaar aan ’n Namibiese weekblad gesê die spoormaatskappy wil met dié spoorlyn die vervoer van vrag tussen die Noord-Kaap en Namibië aanmoedig en ontgin.

“Deur die hawe by Lüderitz met die nasionale spoornetwerk te verbind, verwag ons ’n toename in die vervoer van grootmaatvrag via dié hawe na die binneland,” het sy gesê.

Intussen het ’n ingeligte op die gebied van spoorvrag aan Republikein gesê daar is ’n goedkoper en makliker oplossing vir die sandduin-probleem.

“Dit gaan geweldig baie kos om ’n tonnel te bou. Ons praat van ’n gebied van 7 km – 10 km wat geraak word. Daardie duinegordel by Grasplatz is uniek – die duine verskuif letterlik oornag en bedek die spoorlyn.”

Hy sê vroeër jare is spanne werkers langs die spoorlyn ontplooi om die sand weg te skraap en dit oop te hou sodat treine daarlangs kan beweeg.

Hy meen dit moet weer gedoen word omdat dit die regering baie geld sal spaar.

“Daardie spoorlyn loop deur een van die mooiste dele van ons land. Dit moet vir luukse passasierstreine oopgestel word sodat toeriste daarlangs kan reis in plaas daarvan dat dit onbenut lê,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!