Spinnekop en die man in die rolstoel

Drie mans stap en ‘rol’ duisende kilometer om bewusmaking oor orgaanskenking te doen en mense te inspireer.
Tanja Bause
Tanja Bause - Mnre. Eric (Spinnekop) Nefdt, Normie Eckard en AJ van der Walt het Vrydag op Lüderitz weggespring en die meer as 1 000 kilometer na die vuurtoring by Kaap Agulhas in Suid-Afrika aangepak.

Die mans het elk hul eie redes waarom hul dié tog aflê.

Nefdt sal hoofsaaklik bewusmaking oor die noodsaaklikheid van orgaanskenkings skep.

“Drie en ’n halwe jaar gelede is my seun Leo-Kevin met ’n hartfout gebore. Dit het ons maande gevat om dit agter te kom. My vrou se neef was in 1980 die jongste pasiënt wat ’n opehartoperasie ondergaan het,” het hy gesê.

“Ons was baie geseënd dat ons seun se probleem nie so erg was soos wat ons gedink het nie. Maar ek wou en moes meer betrokke raak. Dus het ek my Spiderman-pakkie aangetrek en begin hardloop. In 2017 het ek die Comrades-marathon in my spinnekoppakkie gehardloop,” het hy gesê.

“Ek was betrokke by ’n organisasie wat kinders met hartprobleme help. Ek het besef daar is te min orgaanskenkers in Suid-Afrika en dat dit ’n groot probleem is. Slegs 0.2% van die bevolking is orgaanskenkers, terwyl in die Verenigde State van Amerika 45% orgaanskenkers is en hulle het nog steeds te min. Dus hardloop ek om bewusmaking te skep,” het hy gesê.

Eckard was in 1997 in ’n motorongeluk wat hom in ’n rolstoel laat beland het. Twee jaar terug het hy deur ’n moeilike tyd in sy lewe gegaan en besef dat hy iets moet doen wat ’n verskil in die wêreld sal maak.

“Ek het vir Ventures4Jesus gestig en begin om menste te help deur middel van my drie passies - reis, avontuur en om ’n verskil in mense se lewe te maak. My eerste projek was ’n agtjarige meisie wat serebraal verlam was. Ek het sewe avonture soos valskermspring, duik, diepseevisvang en vierwielmotorfietsry in sewe dae gedoen om geld vir haar in te samel,” het hy gesê.

“Ek en Eric het ’n gemeenskaplike vriend wat my gebel het en my vertel het van Eric se plan om van Pretoria na Lüderitz toe te hardloop. Hy het my gevra of ek nie sal belang stel om Eric vir ’n paar dae geselskap te hou. Ek het net geantwoord dat ek vir so iets gebid het en dat ek die hele reis saam met hom sal doen.”

Tien dae voor die reis het die twee mans die eerste keer ontmoet.

“Ek doen die reis om mense se persepsies van mense in rolstoele af te breek. Ek praat ook met die eienaars waar ons oornag oor hoe toeganklik hul plek vir mense in 'n rolstoel is. Dit gaan oor bewusmaking, maar ook om die woord van die Here te versprei.”

Spinnekop het 1 572 kilometer van Pretoria na Lüderitz gestap en hardloop, terwyl Eckhard 161 kilometer in sy rolstoel afgelê het.

Mnr. AJ van der Walt het in 2016 op ’n moordtoneel afgekom. Hy het in daardie stadium van sy lewe 280 kilogram geweeg en besef dat hy besig is om homself te vermoor as hy nie sy lewe verander nie.

“Ek het daar en dan besluit tot hier toe en nie verder nie. Ek het by Tim Noakes om hulp aangeklop en met banting begin.”

“Ek het eendag ’n hemp nodig gehad om aan ’n fietsrit deel te neem. Die eienaar van die winkel het gesê dat hy net een hemp vir my het en vir een met Spiderman op gegee. Ek het die hemp aangetrek en gery. ’n Maand later het ek vir Spinnekop die Comrades-marathon sien hardloop.”

Met verlede jaar se reis het hy ’n paar dae vir Spinnekop en Eckard begelei.

“Hierdie jaar sal ek hulle begeleidingsvoertuig die hele pad ry, maar ek het ook my fiets ingepak en sal so nou en dan fietsry.”

“Dit maak nie saak as jy oorgewig is nie, jy moet net ’n kopskuif maak. Dit is my boodskap wat ek gaan versprei.

“Dit is vir ons baie lekker as mense langs ons stop en met ons gesels. Met laasjaar se reis het mense buite Lüderitz op ons gewag en saam met ons die dorp binnegeloop. Ons samel ook geld in om mense deur middel van Ventures4Jesus te help.”

Die mans se reis kan op Facebook by Ventures4Jesus, Die Spinnekop en AJ Vd Walt gevolg word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!