Spinale program in Kavango
‘n Spesiale spinale uitreikingsprogram word weer vanjaar in die Kavangostreek aangebied.
Die doel van die program, wat in Junie 2016 afgeskop het, is om gesondheidsdienste in gebiede te verbeter wat nie ‘n oorvloed van diensverskaffers het nie.
Vanjaar is dit die vierde keer dat die spinale uitreikingsprogram in die Kavangostreek aangebied word. Daarmee word gratis spinale behandelings aan behoeftiges gebied, bewusmaking oor spinale gesondheid en verwante kwessies geskep, voorstelle gegee oor hoe om rugbeserings te vermy, en eenvoudige oefeninge en gewoontes voorgestel om algemene spinale en gewrigsgesondheid te handhaaf. Die doelwitte strook met dié van Wêreld Rugdag wat in Oktober gevier word om bewusmaking te skep.
Volgens me. Elga Drews, president van die Namibiese Chiropraktisynsvereniging, is onderrig en voorkoming noodsaaklik vir ‘n gesonde en produktiewe Namibiese nasie.
“Die doel van die program is nie net om behandeling te verskaf nie, maar ook om mense te bemagtig om verantwoordelikheid vir hul spinale en gewrigsgesondheid te neem,” het Drews gesê.
Vanjaar besoek die uitreikingspan vanaf 12 tot 15 Junie die Kavangostreek en sal die gemeenskappe rondom Nkurenkuru bedien.
“In die verlede het ons gesien die meeste pasiënte het ander siektes soos tuberkulose, verkoue en griep gehad, was MIV-positief, of het oor die algemeen ‘n verswakte immuunstelsel gehad.
“In ‘n poging om hulle te help om oor die algemeen sterker te word, het ons dieetopsies met hulle bespreek en wat insluit die eet van natuurlike tradisionele kosse, om suiker en drankies met suiker uit te sny, en om meer water te drink,” het sy gesê.
Volgens Drews sal pasiënte egter baie meer voordeel trek uit vitamienaanvullings of enige produkte wat hul immuniteit ‘n hupstoot gee.
In die verband het Solgar vitamienaanvullings vir kinders geskenk wat aan behoeftige inwoners uitgedeel sal word. Nandrea/Biorem het ook ‘n produk, Health for Africa, geskenk wat pasiënte se immuniteit verhoog.
Die uitreikingsprogram vind daagliks van 08:30 tot 17:00 by die Nkurenkuru-hospitaal plaas. Enige inwoner met rug- en of gewrigspyne, seer en stywe spiere, en hoofpyne kan vanaf 15 Junie vir hulp by die hospitaal aanklop. Vir navrae kan Drews by 081 325 2180 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie