Spesiale dag viering van spesiale groep se 50-tal
Sport vir gestremdes
Die Spesiale Olimpiese Beweging van Namibië (Special Olympics Namibia, SON) bied môre 'n ope dag aan waar mense meer oor die geskiedenis en bedrywighede van sport vir verstandelik gestremdes kan leer.
Die aktiwiteite begin om 08:00 en duur tot laatnamiddag by die SON se hoofkwartier by die Katutura Football for Hope sentrum.
Familielede van mense wat met gestremdhede leef, word spesiaal genooi om die SON se visuele programme en ondervindings te kom beleef en moontlik nuwe atlete te registreer.
Kulturele elemente soos dans, musiekvermaak en prettige speletjies soos sokker en fietsry is ingesluit.
Die SON se beskermvrou en adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Christine //Hoebes, is 'n eregas.
Deur die geskiedenis is mense met verstandelike gestremdhede aan erge vorms van misbruik, diskriminasie en spot blootgestel – meestal onsigbaar en weggesteek. Die wêreld voel oënskynlik meer gemaklik om die mees basiese menslike behoeftes soos samesyn, gesondheid en hoop vir 'n beter lewe te ignoreer – om nie eens te praat van mense met verstandelike gestremdheid as waardevolle lede van die samelewing te erken nie.
Dit was totdat Eunice Kennedy Schriver in 1968 die Spesiale Olimpiese Olimpiese Beweging gestig het. Oor die laaste 50 jaar het dié beweging vanaf 'n somerkamp in haar agterplaas gegroei tot 'n wêreldwye organisasie wat meer as vyf miljoen individue in 170 lande insluit.
Deur Schriver se onwankelbare geloof dat elke mens verdien om met respek behandel te word en ingesluit te word, is geleenthede geskep vir mense met verstandelike gestremdheid om deur sport hul vermoëns, vasberadenheid en waarde ten toon te stel. • Vir navrae kan die SON se nasioanle direkteur, mnr. Simon Muinjo, by sel. 081 340 2254 bereik word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie