Sperdatum vir belasting nou 31 Julie
Estelle de Bruyn – Die minister van finansies, mnr. Callle Schletttwein, het gister in die Nasionale Vergadering aangekondig dat die sperdatum vir die indiening van belastingopgawes met 'n maand uitgestel is.
Hy het gereageer op 'n vorige vraag deur die DTA-lid, me. Jennifer van den Heever, oor die tekort aan belastingvorms wat dit onmoontlik vir belastingbetalers maak om hul opgawes betyds in te dien.
Schlettwein het aangekondig dat die besluit om uitstel te verleen, in die lig van die tekort aan die nodige vorms geneem is.
Alle belastingopgawes moet nou teen die einde van Julie ingedien wees.
Me. Charmain Ndjaba en me. Hilma Uupindi (foto) was gister by die Eros-poskantoor waar hulle belastingbetalers se vorms in ontvangs geneem het. Foto Elvira Hattingh.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie