Spensdeure klap oop oor kaas en kontreikos
Spensdeure klap oop oor kaas en kontreikos

Spensdeure klap oop oor kaas en kontreikos

Smulpape kan nader staan vir 'n nasionale kosfees op Omaruru.
Des Erasmus
Des Erasmus - Die bystand van deskundiges uit Suid-Afrika is ingeroep in die eerste stappe wat gedoen word om Namibië se kaasmakersbedryf te standaardiseer en om kontreikos en –drankies met en sonder alkohol te orden.

Die geleentheid gaan 'n ­nasionale kaas- en kontreikosfees op 22 en 23 Junie op die plaas Zanja net buite Omaruru wees.

Die genooide fynproewers uit Suid-Afrika is De Wet Viljoen en Joan Berning, 'n deskundige op die gebied van kaas.

Uit plaaslike geledere sal die twee smulpape van oorkant die grens bygestaan word deur Elsabé Marais van Outjo, Dallas Orr van Swakopmund en David Thomas van Windhoek. Orr en Thomas is bekroonde sjefs.

Van die kaas- en koskenners van Suid-Afrika kom van plekke so ver as Plettenbergbaai.

“Ons is op soek na Namibië se beste kontreikosmakers,” sê die wakker vrou aan die spits van die organisasie, Tinkie Cornelissen.

Volgens haar word na deskundige uitsprake gestreef, nie net goed soos “jou kaas is lekker” nie.

Sy gee wel toe Namibië beskik oor 'n taamlike kontingent kaasmakers met produkte van goeie gehalte.

Terselfdertyd is daar fantastiese tuisgemaakte produkte uit eie spense en koelkaste, goed soos kouevleis en gepreserveerde kos.

Die fees vir die kaasmakers en die bereiders van kontreikos word deur dieselfde organiseerders as vir die kunstefees in Augustus aangebied.

Volgens dié span is die doel van die fees om 'n verbond tussen kaas­makers, vleisbereiders, plaaslike markte, kleinhandelaars en die publiek te smee. Deelnemers sal wel teen mekaar kompeteer sodat die gehalte van die produkte bepaal kan word en wenke en inligting onder mekaar gedeel kan word.



KATEGORIEË

Die vyf kategorieë waarin meegeding gaan word, is suiwel (veral kaas), smeergeregte, fynproewers se vleisgeregte en seekos, gebak en drooggebakte produkte, alkoholiese en nie-alkoholiese dranke, en spenskos en gepreserveerde kos.

Kontreikos sal handel oor produkte wat eiehandig gemaak word, klein voorrade met spesiale bestanddele, tradisionele geregte wat met liefde voorberei word en produkte wat met die hand verpak word.

Massaproduksie sal nie beoordeel word nie. Dit moet handgemaak word en dit moet uit die tuiskombuis of uit die tuisomgewing kom. Klem sal op handgemaakte produkte val en ­beroepstoerusting sal nie in die maakproses toegelaat word nie.

Deelnemers kan ook die streek en agtergrond verstrek wat as basis vir hul produkte gedien het. Beoordeling sal op 22 Junie afgehandel word met 23 Junie wat 'n ope dag gaan wees waar die publiek met die deelnemers kan skakel en sake kan doen.

Beoordeling sal in vyf ­kategorieë gedoen word met veral die ­kaasmakers wat oor 'n wye veld gaan deelneem. Van die kaassoorte wat beoordeel gaan word, is mozarella, camembert, gorgonzola, limburger, gouda, cheddar en feta.

In 'n tweede kategorie sal patees, vleissoorte en seekos beoordeel word, in 'n derde drooggebak soos beskuit, koekies en lekkers, in 'n vierde alkoholiese en nie-alkoholiese dranke en in die vyfde spenskos soos konfyte, blatjang en souse, en ingemaakte ­produkte.

Cornelissen kan gekontak word by [email protected] of 081 236 2951.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%