Spele begin op 23 Julie 2021

Olimpiese Spele
Die Olimpiese Spele sal aanstaande jaar van 23 Julie tot 8 Augustus plaasvind, met die Paralimpiese Spele van 24 Augustus tot 5 September 2021.

Dié datums is gister deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aangekondig.

Die IOK het verlede week gesê hy beoog om op die laatste teen einde April 'n nuwe datum vas te stel vir die Spele wat tot 2021 verskuif is, maar het verlede week reeds begin om die voor- en nadele van 'n Spele in die lente of in die somer teenoor mekaar op te weeg.

Bach het 'n taakspan saamgestel wat saam met 33 internasionale sportliggame nuwe datums vir Tokio se Olimpiese en Paralimpiese Spele moes vasmaak. Hulle het soos blits besluit om dieselfde tydsgleuf te gebruik as wat vanjaar sou geld.

Was dit nie vir die koronavirus nie, sou vanjaar se Olimpiese Spele op 24 Julie begin het.

Die IOK het in sy verklaring gesê daar is drie oorwegings vir die nuwe datums:

• Om die gesondheid van die atlete en alle ander rolspelers te beskerm en die bekamping van die koronavirus te ondersteun;

• Om die belange van die atlete en Olimpiese sport te beskerm; en

• Die globale sportkalender.

“Die nuwe datums gee gesondheidsowerhede en almal betrokke by die organisering van die Spele die maksimum tyd om die veranderende sportlandskap en ontwrigtings wat die Covid-19-pandemie veroorsaak, te bowe te kom,” sê die IOK.

“Die nuwe datums, presies een jaar ná die datums wat oorspronk­lik beplan is, het ook die bykomende voordeel dat dit minimale ontwrigtings vir die internasionale kalender sal meebring en dat dit genoeg tyd laat om die kwalifiseringsproses te voltooi.”

Die byeenkoms in 2021 sal steeds as Tokio 2020 bekend staan.



AGTERSITPLEK

Die amptelike uitstel van die Olimpiese Spele het atlete van “psigiese onstuimigheid” gered, meen Sebastian Coe, die president van Wêreld­atletiek.

Die IOK het weke voete gesleep voor hy uiteindelik verlede week onder druk geswig en die Spele uitgestel het.

In 'n onderhoud met die radioprogram TalkSport sê Coe dat alle sport, en nie net atletiek nie, vrede daarmee moet maak dat die skouspel nie tans kan plaasvind nie.

“Ons is niks anders as enigiemand anders daar buite nie. Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat sport in hierdie stadium die agtersitplek moet inneem,” sê Coe.

Hy glo as daar nié besluit is om die Spele uit te stel nie, sou dit atlete gedwing het om drastiese stappe te neem om fiks te bly en hul beste peil in die Noordelike Halfrond se somer te bereik. In etlike lande, insluitend Suid-Afrika, geld inperkings wat dit vir atlete baie moeilik (en vir baie selfs onmoontlik) maak om te oefen soos hulle gewoond is.

“Ons wou die atlete nie in 'n situasie plaas waar hulle gevoel het hulle moet teen hul regerings se advies optree en dalk selfs die wet oortree nie.

“Dit was altyd in ons agterkop dat nie net hul oefenprogramme geaffekteer sou word nie, maar dat hulle die gevaar loop om hulself, hul families, hul kinders, hul grootouers of ouers te infekteer. Ons wou hulle net so gou as moontlik van daardie sielkundige ongerustheid ontneem.”– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%