Speke sing in Windhoek
Dit is pret, dit is gesond en dit is 'n doeltreffende manier om van een plek na 'n ander te reis. Die fokus in die hoofstad val vandag op fietse en fietsryers met Cycling in the City wat vanmiddag in Windhoek afskop. Cycling in the City is 'n projek van die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) en sy affiliasies BMX Vertigo, Bicycling Empowerment Network Namibia (BEN), Rock and Rut Mountain Bike Club, Physically Active Youth (PAY) en Windhoek Pedal Power. Dit word deur MegaCentre en Pupkewitz Megabuild ondersteun. 'n Petisie aan Windhoek se munisipaliteit om fietsrybane te bou, is ook by die projek ingesluit. Meer as 'n duisend mense het die petisie reeds onderteken. Cycling in the City vind by MegaCentre in Kleine Kuppe plaas en sluit stalletjies, 'n basiese baan vir kinders, 'n begeleide pretrit, asook ’n optrede van die groep Ells in.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie