Speel saam vir N$2 500 se prysgeld
Vyf kontantpryse van N$500 elk is dié week op die spel in MultiChoice Namibia en Republikein se Superrugby-tellingraai. Indien minder deelnemers vir die prysgeld kwalifiseer, kan individuele wenners meer geld in hul beursies steek.
In die uitspeelfase, wat sal bepaal wie die semifinale bereik, kan deelnemers die eindtellings in enige van, of al die wedstryde voorspel. Vir DStv Premium-intekenare tel elke SMS as 'n kans om N$10 000 los te slaan.
Vrydag pak die Hurricanes en Chiefs mekaar en Saterdag is dit die Crusaders teen Sharks, Waratahs teen Highlanders en die Leeus teen Jaguares. Oorstaanprysgeld sluit die afgelope week se twee pryse van N$500 elk in. Enkele deelnemers het korrek voorspel die Leeus sou 38 punte teen die Bulls aanteken, maar niemand was naby genoeg aan die verloorspan se telling van 12 punte nie.
Laat waai met jou raaiskote.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie