Speaker het nie laaste sê

DIE Swapo-vreeskultuur en Nujoma-onderdanigheid op die vooraand van \'n politburo en sentrale komitee vergadering het gister in die Nasionale Vergadering sy kop uitgesteek toe besluit is om tog wel aanstaande week die wetsontwerp op die nasionale jeugdiens te bespreek.
Die nasionale jeugdiens is verlede jaar van die Ministerie van Hoër Onderwys, Opleiding en Werkskepping weggeneem en val nou regstreeks onder Staatshuis.
Voor die aanvang van die NV-verrigtinge het die Speaker van die Huis, dr. Mosé Tjitendero, daarop gewys dat nuwe wetsontwerpe net in die geval van dringendheid wel nog bespreek kan word.
Woensdag het dr. Tjitendero gesê die wetsontwerp vir die vestiging van die nasionale jeugdiens en die wysigingswetsontwerpe op die Polisiewet en die Wet op Immigrasiebeheer is te laat ingedien en sal moet oorstaan vir die nuwe Parlement om dit te bespreek.
\"Daar kan wel uitsonderings op dié reël wees en volgens die Minister van Hoër Onderwys, Opleiding en Werkskepping, mnr. Nahas Angula, val die nasionale jeugdiens in dié kategorie.\"
Mnr. Angula het in sy verduideliking aan die NV-lede gesê hy bevind hom nou in \'n moeilike posisie met dié dat die wetsontwerp vir later geskeduleer is.
\"Die Staatshoof het my opdrag gegee om die wetsontwerp in te dien en my daarmee vertrou,\" het mnr. Angula gesê.
Hy sê huidig verrig die nasionale jeugdiens \'n funksie sonder enige wetlike raamwerk, maar bloot in opdrag van \'n kabinetsbesluit. Dr. Tjitendero het ten spyte van besware deur opposisielede dat die tyd beperk is, besluit dat die wetsontwerp aanstaande Dinsdag ingedien en bespreek sal word.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

23 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

23 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

23 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

23 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

23 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...