Spanne skarrel landwyd oor truie
Rugby
George Germishuys
Die ineenstorting van 'n sportklere-maatskappy in Australië het veroorsaak dat skole, klubs en selfs provinsiale en Superrugby-spanne in Suid-Afrika moes rondskarrel vir truie vir die komende seisoen.
Die bekende handelsmerk BLK, wat plaaslik onder andere vir spanne soos die Haaie, Kings, Boland, Reds en die Rebels, asook talle skole- en klubspanne truie vervaardig, is einde verlede jaar onder voorlopige likwidasie in Australië geplaas.
Dit het die Haaie, wat hul kontrak direk met die Australiese maatskappy gesluit het, genoop om dadelik van truivervaardiger te verander.
Ander spanne, wat met die Suid-Afrikaanse lisensiehouer sake gedoen het, skarrel egter nou om truie te kry nadat daar vroeër nog aan hulle die versekering gegee is dat die Australiese likwidasie nie die maatskappy se Suid-Afrikaanse bedrywighede sal beïnvloed nie.
In 'n omsendbrief, wat in November 2016 aan Suid-Afrikaanse kliënte versprei is, het BLK gesê plaaslike kliënte hoef hulle nie aan die Australiese likwidasie te steur nie, en dat sake “soos normaal sal voortgaan”.
“Neem kennis daarvan dat likwidateurs aangestel is om die sake van WRS te bestuur. WRS verhandel as BLK Australië en is die handelsentiteit wat die internasionale regte vir BLK besit en die handelsmerk buite Australië ondersteun en bemark,” het BLK in die brief gesê.
BLK word buite Australië deur 'n netwerk van onafhanklike lisensiehouers verteenwoordig.
Die lisensie vir Afrika suid van die Sahara word deur Impahla Clothing gehou.
“Afgesien van ons verhouding met WRS om die BLK-handelsmerk hier te verteenwoordig, is ons 'n aparte besigheid,” luidens die omsendbrief.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie