Spanje su00ea hy sal immigrante inneem
Spanje su00ea hy sal immigrante inneem

Spanje sê hy sal immigrante inneem

Dokters Sonder Grense vra dat mense se veiligheid voor politiek moet kom.
Italië beplan om migrante van Afrika, wat ingestop op 'n liefdadigheidsboot sit, na ander vaartuie oor te plaas en hulle dan na Spanje te laat vaar.

Dit kom ongeag versoeke van humanitêre groepe dat die migrante dadelik moet afklim.

Sowat 629 migrante, insluitend 11 kinders en sewe swanger vroue, dryf al sedert Sondag aan boord die MV Aqua­rius-reddingskip in die Mediterreense See rond ná Italië én Malta se besluit om hul hawens vir dié mense te sluit.

Spanje het Maandag onverwags aangebied om die migrante te help.

Dokters Sonder Grense (MSF), wat die MV Aquarius saam met die organisasie SOS Mediter­ranne beheer, sê Italië het van die migrante na ander vaartuie oorgeplaas en hulle is op pad na Spanje se Valencia-hawe.

“Dié plan beteken dat die reeds uitgeputte mense nog meer dae op see moet reis. MSF vra dat mense se veiligheid voor politiek moet kom,” sê MSF op Twitter.

Volgens MSF sou dit beter wees om die mense by die naaste hawe te laat afklim en hulle dan na Spanje of ander veilige lande te vervoer.

Maar Italië se nuwe regering het geen genade betoon nie on­geag waarskuwings dat 'n storm met golwe van meer as twee meter aan die kom is.

“Ons sal skepe en bote stuur om hulle na Spanje te bring,” het Danilo Toninelli minister van vervoer, aan Radio Capital gesê en bygevoeg dat Italië al vars voorraad na die MV Aquarius gestuur het voordat die reis van drie dae begin het.

Italië het die afgelope vyf jaar meer as 640 000 hoofsaaklik Afrika-migrante ­ingeneem.– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!